Tito Mboweni sal op 9 November deur Gill Marcus, huidige voorsitter van Absa en lid van die SAKP, vervang word.
Marcus, 59, was voorheen adjunkpresident van die Reserwebank en is 'n gewese adjunkminister van finansies. Mboweni se termyn verstryk op 8 Augustus en sal tot 8 November aanbly totdat Marcus oorneem.
Alhoewel Mboweni, 50, vroeër in sy pos heraangestel is, het hy aangedui dat hy later vanjaar ander belange gaan nastreef. Mboweni het nog geen aanduiding gegee van wat hy gaan doen nadat hy uitgetree het nie, behalwe dat hy gaan visvang.
Mboweni, wat in Augustus 1999 as president van die Reserwebank aangestel is, het sy taak uitnemend verrig, het Zuma gesê.
Zwelinzima Vavi, hoofsekretaris van Cosatu, het aan Sapa gesê Cosatu verwelkom Marcus se aanstelling.
“Ons het nie ’n goeie verhouding met Mboweni gehad nie en sal dus nie ’n traan pink nie,” het Vavi gesê.
Die DA het in 'n verklaring gesê dat Zuma moontlik onder druk van die vakbonde geswig en daarom vir Mboweni vervang het.
Dit is nog nie seker of Marcus sal voortgaan met die Reserwebank se inflasieteikenbeleid nie.
