Goed opgelei, gefokus en tot die tande toe gewapen, het 'n klein groepie geharde Islamitiese militante ongesiens in die finansiële hoofstad van Indië ingekom en 'n spoor van verwoesting gesaai.
Blatante aanval laat spoor van verwoesting
Goed opgelei, gefokus en tot die tande toe gewapen, het 'n klein groepie geharde Islamitiese militante ongesiens in die finansiële hoofstad van Indië ingekom en 'n spoor van verwoesting gesaai.

11:13:34 Vyf ongelisensieerde smouse wat besmette melkprodukte verkoop het, is in Durban se sentrale gebied vasgetrek, het die Durbanse metropolisie Vrydag gesê.
10:45:05 Somaliese seerowers het Vrydag 'n Liberiese skip geskaak in die Golf van Aden, maar drie bemanningslede het ontsnap deur oorboord te spring.
Die Amerikaanse regering het Tony Blair afgeluister terwyl hy die Britse eerste minister was, volgens 'n voormalige werknemer by die Nasionale Sekuriteitsagentskap (NSA).
'n Selfmoordmotorbomaanvaller het Donderdag 'n Amerikaanse konvooi as teiken uitgesoek en sowat 200 meter van die Amerikaanse ambassade in Kaboel homself opgeblaas. Ten minste 4 mense is dood terwyl Amerikaanse burgerlike personeel die ambassade binnegegaan het vir 'n Dankseggingsdagwedloop.