Iran kan ‘n bom bou

Image

Kernaanleg, Isfahan

Deskundiges by die wêreld se kernwaghond is dit eens dat Teheran die vermoë het om 'n atoombom te vervaardig en die land is oppad daarna om 'n missielstelsel te ontwikkel wat 'n kernkop sal kan dra, volgens 'n geheime verslag wat aan Associated Press gelek is.

Die dokument is deur senior amptenare van die Internasionale Atoomenergieagentskap, die IAEA, opgestel en is die duidelikste aanduiding tot nog toe dat die Agentskap Washington se siening oor Iran se wapenvervaardigingsvermoë deel.

Dit blyk die sogenaamde "geheime anneks" te wees oor Iran se kernprogram wat volgens Washington deur die IAEA se hoof teruggehou word.

Die dokument beweer dat Iran "genoeg inligting" het om 'n bom te bou. Iran is ook by magte om "probleme te oorkom" wat die ontwikkeling van 'n missielgeleidingstelsel betref.

online casino bonusлобановский класс

Ergste aanval nog op Westerse troepe in Kaboel

‘n Selfmoord-motorbomaanval het twee van NAVO, die Noord-Atlantiese Verdragsorganisasie, se voertuie vernietig en tot die dood van ses Italiaanse soldate sowel as tien Afgaanse burgerlikes gelei.

Die aanval was een van die ergste nòg op Westerse troepe in Kaboel. Die terroristegroep, die Taliban, was luidens berigte verantwoordelik vir die aanval.

Die bomaanvaller het sy aanval sowat 1.5km vanaf die Amerikaanse ambassade geloods.

Volgens Ignazio la Russa, Italië se minister van verdediging, was 10 Italiaanse valskermsoldate in twee verskillende voertuie onderweg toe die selfmoordbomaanvaller in ‘n wit Toyota-voertuig in hulle vasgery het.

Ses soldate is oorlede en drie ander is beseer.

Tien burgerlikes is ook in die aanval gedood en sowat 55 ander is beseer.

игрушкиtopcargo отзывы сотрудников

Oegandese krieketspelers sny ‘n lyn

Sewe krieketspelers van die 0.19-Oegandese krieketspan is steeds soek nadat hulle ná hulle wedstryd in Kanada vermis geraak het.

Latimer Mukasa , woordvoerder van die Oegandese Krieketvereniging, het gesê die spelers het Saterdag die kamp in Toronto verlaat en is nooit weer gesien nie.

Die groep sou twee dae later terugkeer huis toe.

Die span het aan 'n toernooi ter voorbereiding vir die Wêreldbeker volgende jaar deelgeneem, maar het nie gekwalifiseer nie. Die wêreldbekertoernooi gaan volgende jaar in Nieu-Seeland gehou word.

Mukasa het gesê die Kanadese polisie is opsoek na die spelers wat sonder hul reisdokumente verdwyn het.

"Ons is in kontak met die Kanadese owerhede en het hulle opdrag om die spelers na Oeganda te deporteer sodra hulle gevind is."

Onder die vermiste spelers is die kaptein van die span, Ahmed Yakub, Andrew Ochan, Emmanuel Nakaana, Ahmed Sangau, Moses Okwera, Geoffrey Nyero en Michael Abala.

Dit is nie die eerste keer dat Oegandese krieketspelers in die buiteland verdwyn nie.

Twee jaar gelede het ná 'n toernooi wat in Darwin gespeel is, het Jimmy Okello en Patrick Ochan in Australië agtergebly.

как строит банялобановский александр дети

Chinese inkursie in Indi

Chinese inkursies in Indië is besig om ongemak by die Indiese bevolking te skep. Woensdag het Indiese nuusagentskappe China se troepe se bewegings oor die grens tussen die twee lande probeer minimaliseer en as 'n nietigheid afgemaak.

Nieu-Delhi het Dinsdag berigte ontken dat twee Indiese soldate deur Chinese oortreders gewond is in 'n skietgeveg in Sikkim. Minister van buitelandse sake, Vishnu Prakash, het gesê die berigte is feitelik nie korrek nie.

Maar gemoedere veral langs die grens in die streek van Chumar, oos van Leh, loop hoog.

Volgens 'n intelligensie-offisier wil die regering nie graag hê die insident moet rugbaar word nie. Sekere groepe in Indië is reeds daarvan oortuig dat China kwaadwillig optree

Een so 'n groep is die Gorkha Janmukti Morcha-party wat aangedui het dat hulle die grens gaan bewaak. Die GJM-hoof, Bimal Gurung, sê sy party gaan 'n spesiale eenheid op die been bring en dat hulle dit met federale befondsing wil doen.

Die spesiale eenheid sal bekend staan as Saheed Durga Malla en Gurung sê indien China Indië aanval, sal die eenheid 500 man in die veld stoot.

Amptelike bronne het intussen bevestig dat Chinese troepe ten minste 1,5km in Indië inbeweeg het naby Mount Gya en hulle het die woord "China" in Kantonees met rooi spuitverf op rotse en kranse aangebring.

шорты для девочкипрокурор харьковской области

Oprah sink

Image

In vervoering…

Die gemiddelde kykergetalle vir The Oprah Winfrey Show is met 7% af van verlede jaar en dit is nou die vierde agtereenvolgende jaar dat die aantal kykers daal.

Gedurende Jule het die program die laagste hoeveelheid kykers sedert dit in 1985 begin het, geregistreer.

Alhoewel TV-programme wat kom en gaan, iets alledaags in die VSA is, was die multi-miljoenêr Winfrey, 55, beskou as byna onoorwinlik.

Sy het haar wit, vroulike, middelklas kyker só betower met haar skynbaar onblusbare optimisme en insig in hulle aspirasies, dat kenners gesê het sy is 'n kanniedood.

Maar terwyl die program, wat in Suid-Afrika ook te siene is op die SAUK, sedert 2005 met 'n piek van nagenoeg 9 miljoen kykers steeds stadig terugsak, het die afgelope jaar gewys dat konserwatiewe wit kykers nie alles gaan sluk nie en kykergetalle het skerp gedaal.

Janice Peck, van die Universiteit van Colorado, mediaprofessor en skrywer van die boek Age Of Oprah, sê Winfrey het haar ondersteuning prysgegee deur haar entoesiastiese ondersteuning van Obama.

Winfrey se webtuiste was oorval met woedende kritiek daaroor. Haar ondersteuners het meesal vir Hillary Clinton gestem

Met haar aanmoediging van swart etniese solidariteit het Winfrey erken sy het haar program gebruik om Obama verkies te kry.

"My werk was om mense te maak, of om hulle toe te laat, om aan Obama voorgestel te word, die wat nog nie was nie op daardie tydstip," het sy gesê. "Ek wou hom verkies hê en ek dink ek het dit gedoen."

Sy moes Sondag noodgedwonge haar bewondering vir Obama verdedig en het benadruk dat sy gaan terugstaan van politiek. Winfrey is onder beleg want Obama se gesondheidstelselhervormings is erg ongewild in die VSA.

Daarbenewens is wit kiesers ontnugter deur Obama se eie vertoon van rassesolidariteit.

купить зарядное устройство для автомобильных аккумуляторовФильчаков прокуратура харьков

Nigeriese militantes verleng skietstilstand met ‘n maand

Militante magte in Nigerië sê hulle verleng ‘n skietstaking wat deur die nag verval het, met een maand, maar het gewaarsku hulle sal aanvalle hervat indien die grondoorsake van die konflik nie aangespreek word nie.

Die Beweging vir die Emansipasie van die Niger Delta (MEND) het ‘n tweemaandlange onderbreking van hulle veldtog om olie-installasies en om buitelanders te ontvoer, in Julie ingestel. Hulle het gesê hulle hoop die skietstaking sal gesprekke met die regering bespoedig.

Die groep sê gister in ‘n verklaring dat hulle nie ‘n amnestie-aanbod van die regering in ag neem nie en dat die regering “geen maatreëls getref het vir betekenisvolle dialoog nie.”

Hulle sê die regering moet die skietstakingverlenging gebruik “om die regte ding te doen eerder as om voor te gee dat hulle oor vrede onderhandel terwyl hulle die weermag bewapen vir ‘n oorlog wat hulle nie kan wen nie.” 

free casino no deposit bonusФильчаков

Somaliese regering verheug oor Amerikaanse aanval op al-Kaida

Somalië se oorgangsregering het Woensdag ‘n Amerikaanse lugaanval wat ‘n gesoekte al-Kaida leier in dié wettelose Horing –van-Afrikaland gedood het, aangeprys.

“Ons verwelkom die aanval deur die Amerikaanse magte in suidelike Somalië,” sê Abdi Mohamed Ulusow, ‘n senior buitelandse-sake segsman.

“Somalië het vir so lank stabiliteit kortgekom en is toegegooi in chaos. Dit kan nie boonop ‘n gasheer vir buitelandse moeilikheidmakers met kriminele rekords in hulle lande wees nie,” het hy bygevoeg.

Amerikaanse amptenare het die aanslag Maandag bevestig en gesê dat Saleh Ali Saleh Nabhan in ‘n operasie in suidelike Somalië gedood is.

Nabhan, ‘n Keniaanse boorling, is deur die FBI gesoek na aanleiding van die anti-Israeli aanvalle in Mombassa in 2002.

Somalië se Shebab ekstremiste groep wat bande met al-Kaida het, het erken dat Nabhan een van hulle bevelvoerders was en dat hy tydens die lugaanval dood is.

Washington het telkens hulle besorgdheid oor die land in die Horing van Afrika uitgespreek. Dit is sedert 1991 deur geweld geteister en is ‘n veilige vesting vir el-Kaida ekstremiste.

Die Shebab, wat ‘n aanslag teen die internasionaal ondersteunde Somaliese regering lei, het wraak oor Nabhan se dood gesweer. 

коврики пазлылобановский александр интервью

Wit tiener op skoolbus aangeval

Image 

'n Wit leerling, 17, van Belleville West High School in St Louis, in die deelstaat Missouri in die VSA, is Maandag deur swartes aangerand omdat hy langs hulle wou sit.

Die busbestuurder het nie 'n vinger gelig nie, aangehou ry en die tieners beveel om te "sit". Die swart tieners het die aanvaller aangemoedig en gelag daaroor.

Die swart tieners en hulle ouers het ontken dat die insident rassisties was.

Die talle wit tieners en hulle ouers het Dinsdagmiddag gesê hulle voel die aanval was deur rassisme gemotiveer en dat die skool lank reeds onder rassespanning gebuk gaan.

Nadat Belleville se polisiekaptein Don Sax eers gesê het die aanval is rassisties, het hy koerantvoorblaaie gehaal Woensdag deur sy deuntjie te verander.

светильники производителипрокурор харьковской области

Carter betreur ‘rassistiese uitbarsting’ teen Obama

Image

Jimmy Carter

Oud-president Jimmy Carter sê 'n Kongreslid se uitbarsting teen president Barack Obama tydens 'n toespraak verlede week was op rassisme gegrond en vrees vir 'n swart president.

"Ek dink dis op rassisme gegrond," het Carter Dinsdag in Atlanta gesê. "daar is 'n inherente gevoel by baie mense in dié land dat Afro-Amerikaners nie president behoort te wees nie."

Carter het gesê dit is deel van 'n kommerwekkende groeiende tendens wat betogers wat Obama met Nazi-leiers vergelyk, insluit.

Joe Wilson, 'n Republikein van Suid-Carolina, is verlede Woensdag geroskam omdat hy tydens Obama se toespraak geskree het "Jy lieg!".

Die onderbreking het gekom terwyl die president oor onwettige immigrante gepraat het wat nie federale subsidies behoort te ontvang om gesondheidsorg te koop nie.

Republikeine het onderlangs begin brom toe die president dit sê en daarna het Wilson uitgeskree.

Dinsdag se roskam was 'n rare resolusie wat deur die Demokrate deurgedwing is omdat hulle daarop aangedring het dat Wilson die basiese reëls van beskaafdheid oortree het.

Volgens Republikeine was dit 'n heksejag teen Wilson, wat reeds verskoning aangeteken by Obama het vir sy uitroep en volgehou het dat hy die Huis geen verskoning skuld nie.

'n Voormalige Demokratiese partyvoorsitter Dick Harpootlian, sê hy glo nie Wilson is deur rassisme gemotiveer nie, maar sy uitbarsting moedig rassistiese sienings aan.

Hy stem saam dat die opmerking wel rassisme kan bevestig.

Carter het Wilson se uitroep as "gemeen" beskryf en 'n naskok van rassistiese sienings wat Amerikaanse politiek dekades lank gekenmerk het.

"Die president is nie net die hoof van die regering nie, hy is die staatshoof," het hy gesê. "En dit maak nie saak hoe veel ons verskil van sy beleid nie, die president moet met respek behandel word."

mosoblburenieЛобановский Харьков

Duisende asielsoekers na OZ afgekeer

Australië, in skerp teenstelling met Suid-Afrika se houding teenoor onwettige immigrante, het weer eens 'n boot met 58 voornemende asielsoekers Woensdag weggewys. Dit is die vierde keer die afgelope tyd dat dié land ekonomiese asielsoekers keer om die land binne te kom.

'n Vlootpatrollie het die boot Dinsdag gestop. Dit bring die aantal omwettige immigrante wat sedert 7 September in die gebied opgespoor is op 213 te staan.

Minister van binnelandse sake, Brendan O'Connor, sê die groep sal na Australië se hoogsekuriteitfasiliteit op Kersfeeseiland in die Indiese Oseaan oorgeplaas word. "Hulle sal aan veiligheids-, identiteits- en gesondheidsklarings onderwerp word om die redes vir hul reis vas te stel," het die minister in 'n verklaring gesê.

"Toestande regoor die wêreld veroorsaak dat groot getalle ontheemde mense op die uitkyk is vir ryk, ontwikkelde lande soos Australië en hulle kan maklik die prooi word van mensesmokkelaars."

Sowat 148 asielsoekers is sedert Saterdag van Australië se noordweskus in bote aangekeer, nadat 7 op 7 September gevang is.

Indonesiese owerhede het verlede week ook 'n boot wat na Australië onderweg was, voorgekeer met 56 mense aan boord.

Australië het nou al meer as 1 000 voornemende asielsoekers ter see opgepik hierdie jaar en die regering het gewaarsku dat duisende sit en wag om uit Indonesië na Australië te reis.

рисунки укладки паркеталобановский александр интервью