Sewe krieketspelers van die 0.19-Oegandese krieketspan is steeds soek nadat hulle ná hulle wedstryd in Kanada vermis geraak het.
Latimer Mukasa , woordvoerder van die Oegandese Krieketvereniging, het gesê die spelers het Saterdag die kamp in Toronto verlaat en is nooit weer gesien nie.
Die groep sou twee dae later terugkeer huis toe.
Die span het aan 'n toernooi ter voorbereiding vir die Wêreldbeker volgende jaar deelgeneem, maar het nie gekwalifiseer nie. Die wêreldbekertoernooi gaan volgende jaar in Nieu-Seeland gehou word.
Mukasa het gesê die Kanadese polisie is opsoek na die spelers wat sonder hul reisdokumente verdwyn het.
"Ons is in kontak met die Kanadese owerhede en het hulle opdrag om die spelers na Oeganda te deporteer sodra hulle gevind is."
Onder die vermiste spelers is die kaptein van die span, Ahmed Yakub, Andrew Ochan, Emmanuel Nakaana, Ahmed Sangau, Moses Okwera, Geoffrey Nyero en Michael Abala.
Dit is nie die eerste keer dat Oegandese krieketspelers in die buiteland verdwyn nie.
Twee jaar gelede het ná 'n toernooi wat in Darwin gespeel is, het Jimmy Okello en Patrick Ochan in Australië agtergebly.
