Chinese inkursie in Indi

Chinese inkursies in Indië is besig om ongemak by die Indiese bevolking te skep. Woensdag het Indiese nuusagentskappe China se troepe se bewegings oor die grens tussen die twee lande probeer minimaliseer en as 'n nietigheid afgemaak.

Nieu-Delhi het Dinsdag berigte ontken dat twee Indiese soldate deur Chinese oortreders gewond is in 'n skietgeveg in Sikkim. Minister van buitelandse sake, Vishnu Prakash, het gesê die berigte is feitelik nie korrek nie.

Maar gemoedere veral langs die grens in die streek van Chumar, oos van Leh, loop hoog.

Volgens 'n intelligensie-offisier wil die regering nie graag hê die insident moet rugbaar word nie. Sekere groepe in Indië is reeds daarvan oortuig dat China kwaadwillig optree

Een so 'n groep is die Gorkha Janmukti Morcha-party wat aangedui het dat hulle die grens gaan bewaak. Die GJM-hoof, Bimal Gurung, sê sy party gaan 'n spesiale eenheid op die been bring en dat hulle dit met federale befondsing wil doen.

Die spesiale eenheid sal bekend staan as Saheed Durga Malla en Gurung sê indien China Indië aanval, sal die eenheid 500 man in die veld stoot.

Amptelike bronne het intussen bevestig dat Chinese troepe ten minste 1,5km in Indië inbeweeg het naby Mount Gya en hulle het die woord "China" in Kantonees met rooi spuitverf op rotse en kranse aangebring.

шорты для девочкипрокурор харьковской области

Maak 'n opvolg-bydrae