Oprah sink

Image

In vervoering…

Die gemiddelde kykergetalle vir The Oprah Winfrey Show is met 7% af van verlede jaar en dit is nou die vierde agtereenvolgende jaar dat die aantal kykers daal.

Gedurende Jule het die program die laagste hoeveelheid kykers sedert dit in 1985 begin het, geregistreer.

Alhoewel TV-programme wat kom en gaan, iets alledaags in die VSA is, was die multi-miljoenêr Winfrey, 55, beskou as byna onoorwinlik.

Sy het haar wit, vroulike, middelklas kyker só betower met haar skynbaar onblusbare optimisme en insig in hulle aspirasies, dat kenners gesê het sy is 'n kanniedood.

Maar terwyl die program, wat in Suid-Afrika ook te siene is op die SAUK, sedert 2005 met 'n piek van nagenoeg 9 miljoen kykers steeds stadig terugsak, het die afgelope jaar gewys dat konserwatiewe wit kykers nie alles gaan sluk nie en kykergetalle het skerp gedaal.

Janice Peck, van die Universiteit van Colorado, mediaprofessor en skrywer van die boek Age Of Oprah, sê Winfrey het haar ondersteuning prysgegee deur haar entoesiastiese ondersteuning van Obama.

Winfrey se webtuiste was oorval met woedende kritiek daaroor. Haar ondersteuners het meesal vir Hillary Clinton gestem

Met haar aanmoediging van swart etniese solidariteit het Winfrey erken sy het haar program gebruik om Obama verkies te kry.

"My werk was om mense te maak, of om hulle toe te laat, om aan Obama voorgestel te word, die wat nog nie was nie op daardie tydstip," het sy gesê. "Ek wou hom verkies hê en ek dink ek het dit gedoen."

Sy moes Sondag noodgedwonge haar bewondering vir Obama verdedig en het benadruk dat sy gaan terugstaan van politiek. Winfrey is onder beleg want Obama se gesondheidstelselhervormings is erg ongewild in die VSA.

Daarbenewens is wit kiesers ontnugter deur Obama se eie vertoon van rassesolidariteit.

купить зарядное устройство для автомобильных аккумуляторовФильчаков прокуратура харьков