Suid-Afrika nie meer mededingend nie

Kenners het hulle skok uitgespreek oor ’n verslag wat verlede week vrygestel is en wat toon dat Suid-Afrika met twaalf posisies op die kompetisiewêreldranglys gedaal het. Hierdie drastiese daling word aan die bevoordeling van swart werkers voorgeskryf.

Volgens die World Competitiveness Yearbook, wat 55 lande beoordeel op grond van hulle vermoë om ’n gunstige klimaat vir besighede te skep, het Suid-Afrika se posisie van nommer 38 verlede jaar tot nommer 50 hierdie jaar gedaal. Dit verteenwoordig die grootste daling op die lys.

“Dit is skokkend,” het Sello Mosai, uitvoerende bestuurder van kennisontwikkeling by die Suid-Afrikaanse Nasionale Produktiwiteitsinstituut (NPI), gesê. “Enigeen kan slegter doen, maar as daar so ’n groot daling plaasvind, laat dit mens regtig sprakeloos.“ Die NPI het die Switserse Internasionale Instituut vir Bestuursontwikkeling bygestaan om die plaaslike ondersoek uit te voer.

Volgens die verslag word Suid-Afrika laaste geklassifiseer wat diskriminasie in die werksmilieu betref. Mosai meen dit is nie net aan regstellende aksie toe te skryf nie, maar dat diskriminasie oor die hele werkspektrum in die land plaasvind en dat dit ook ouderdom en godsdienstige oortuigings insluit.

Die Suid-Afrikaanse ekonomie se groei is ongeveer 5% per jaar, met goeie resultate wat toerisme en direkte oorsese beleggings betref.  Die hoë werksloosheidsyfer, erge misdaad en streng arbeidswetgewing word egter in die verslag as hindernisse vir ekonomiese ontwikkeling bestempel.

“Dit is nie ’n kwessie van Suid-Afrika wat slegter doen nie. Dit is wel ’n geval van ander lande wat beter doen,” aldus Mosai.

Twee derdes van die verslag word gebaseer op ekonomiese statistiek en een derde op meningsopnames onder staatsamptenare en sakelui. Suid-Afrika is een van vyftien lande wat die afgelope paar jaar al swakker vaar.

насадка на керхер пескоструйДанильченко Юрий отзывы

Oliemaatskappy kan dalk Irak skeur

Det Norske Oljeselskap, oftewel DNO, een van Noorweë se kleiner oliemaatskappye, sal een van die eerste buitelandse spelers wees om Irakkese olie te begin ontgin. Hulle het vandag afgeskop met ‘n klein hoeveelheid olie vanuit Koerdistan se Tawke-olieveld in die noorde van Irak aan die wêreldmark, 35 jaar nadat olieproduksie in die land onder staatsbeheer gebring is. Dié veld is in 2005 ontdek.

Die streek wat omtrent so groot soos Denemarke is, het ‘n reserwepotensiaal van tussen 12 en 45 miljoen vate, het die Koerdiese olieministerie gesê. Dit is gelykstaande aan ‘n derde van Irak se erkende reserwes en die wêreld se vierde grootste bron, volgens die IEA (Internasionale Energie Agentskap).

Die Koerde wat gedurende die laaste paar jaar van Saddam Hoessein se bewind onder beskerming van Amerikaanse vegvliegtuie nie hul soewereiniteit prysgegee het nie, het miljoene uit Saddam gemaak deur olie aan Turkye te smokkel in weerwil van internasionale sankies wat die VN teen Irak afgeroep het.

Toe sanksies opgehef is, moes hulle inderhaas ‘n nuwe manier vind om op te maak vir die verlore inkomste. Een so ‘n manier is om kontrakte te sluit met onafhanklike oliemaatskappye sonder die goedkeuring van Bagdad. Turkye het reeds so ‘n elektrisiteitsooreenkoms met Koerde aangegaan in ‘n ander olieryke gebied.

DNO se vordering word met belangstelling deur groter maatskappye dopgehou wat tot dusver nie kans gesien het vir die afwesigheid van enige juridiese raamwerk in Irak nie. Na wat verwag word sal DNO se deelname spanning skep tussen Koerdiese plaaslike owerhede en die sentrale regering in Bagdad.

Die noorde van Irak is taamlik rustig en vreedsaam in vergelyking met die res van die land en die toekenning van oliekontrakte aan buitelandse maatskappye kan veroorsaak dat die geweld wat reeds elders woed, uitgebrei kan word na die noorde. Indien die Koerdiese owerhede ‘n onafhanklike bron van inkomste  gebruik om hul mag te konsolideer kan dit verder beteken dat die eenheid van die Irakkese staat in gedrang kan kom.

DNO sal aangewese wees op padvervoer om die olie te verskeep aangesien Bagdad nog nie toestemming verleen het om die uitvoerpyplyn te gebruik nie. Die uitvoerende beampte, Helge Eide, is nietemin optimisties oor die vooruitsigte omdat sy maatskappy “nooit verwag het” om binne twee jaar op dreef te wees nie.

DNO is of was ook in Mosambiek bedrywig waar hulle in 2004 aangekondig het dat hulle gaseksplorasie in die Sofala-provinsie gaan onderneem. Alhoewel die waarskynlikheid op net 20% geraam is, het woordvoerders aangedui dat hulle hoop om olie ook daar te vind.

‘n Ander Noorweegse speler, Statoil, het ‘n samewerkingsooreenkoms met die Suid-Afrikaanse Sasol gesluit om natuurlike gas na brandstof om te skakel mbv die uiters winsgewende Fischer-Tropsch tegnologie. Noorweë hoop om een van die grootste leweraars van energie aan Europa te word. Tans word Rusland se Gazprom bevoordeel deurdat die oormatige regulering in die EU Noorweegse mededingendheid kortwiek.

кардиганыданильченко юрій броніславович

AOB vergader in Shanghai

Nadat die Afrika Ontwikkelingsbank 13 Afrikalande se skuld van ongeveer 50 miljard Rand onlangs afgeskryf het om as voorbeeld te dien vir skenkerlande, het die Bank vir die tweede keer in sy geskiedenis buite die kontinent vergader.

Die Algemene Vergadering sal hierdie week heel simbolies in Sjanghai, China se ekonomiese hoofstad, plaasvind. China is toenemend bedrywig in Afrika en dit sal die eerste keer wees dat die byeenkoms in Asië plaasvind.

‘n Fototentoonstelling van Chinese leiers is prominent by die vergaderplek uitgestal en dien as agtergrond vir die talle hooggeplaastes se persontmoetings. Van Mao tot Hu Jintao se belangrikste oomblikke pryk  in swart-en-wit teen die moderne mure.

Die Chinese minister van Buitelandse Sake het benadruk dat dit vir sy land ‘n belangrike gebeurtenis is. Die handelsverkeer tussen Afrika en Asië het gestyg tussen 2001 en 2005 na sowat 700 miljard Rand volgens beskikbare syfers.

Tweeduisend mense word Woensdag en Donderdag by die Algemene Vergadering verwag, waaronder lede van die Spesiale Fonds vir Nigerië. Die byeenkoms volg op die spitsberaad in Beijing in November waar 48 Afrikalande teenwoordig was. China is duidelik daartoe verbind om nie net ekonomies nie, maar ook polities op die vasteland betrokke te raak.

Chinese investering in veral die oliebedryf het aansienlik gestyg en ook handel tussen die twee kontinente het vyfvoudig toegeneem.

Die Afrika Ontwikkelingsbank sien die skuldverligting as ‘n navolgenswaardige stap vir skenkerlande, soos die G-8, omdat dit die 13 lande volgens hulle in staat sal stel om ekonomiese groei aan te moedig. Die lande waarvan die skuld in April afgeskryf is, is naamlik Benin, Burkina Faso, Etihopië, Ghana, Madagaskar, Mali, Mosambiek, Niger, Rwanda, Senegal, Tanzanië, Uganda en Zambië.

China beskou tans die Afrika-vasteland as ‘n bron van stemme om besluite by die VN te bekragtig, benewens die olie, minerale, hout en landbouprodukte wat die kontinent ook voorsien. Die Asiese reus word daarom dikwels van neo-kolonialisme deur die Weste beskuldig. Dieselfde kritiek is egter afwesig by die meeste Afrikalande.

Een so ‘n geval waar China onder Westerse druk staan, is Soedan, omdat China 60% van die olieproduksie opslurp en die huidige regering daarom teen die VN se verkose strafmaatreëls soos sanksies, beskerm.

China het nietemin toegegee dat Darfoer groot aandag internasionaal geniet. Hulle het ook aangekondig dat ‘n spesiale pos geskep sal word vir ‘n afgevaardigde om voltyds aandag te skenk aan die gebied om sodoende “’n nuwe soort strategiese bondgenootskap te vestig”. 

“Die meeste Afrikane beskou die rol wat China speel as positief,” sê Peter Draper van die Institute for International Affairs in Johannesburg, “want hulle het al genoeg lesse gehad van die Weste oor hoe hulle behoort te ontwikkel.”

Die tema van die byeenkoms van die AOB in Sjanghai is trouens “Afrika-Asië, Bondgenote van Ontwikkeling” waar die Afrika-afvaardiging van 53 “inspirasie gaan put uit die voorbeeld van Asië om armoede te verlig”.

купить детскую шапочку для новорожденногоАлександр Фильчаков

‘Tsotsi’-akteur is ‘n tsotsi

Image

‘Tsotsi’, Madiba en aktrise

In die film "Tsotsi", wat ’n Oscar gewen het, ontferm die pikareske held hom oor ’n ontvoerde baba. Maar die akteur Presley Chweneyagae wat die rol gespeel het waarin misdadigers uit Soweto in ’n positiewe lig gestel word, is in die werklike lewe minder begaan oor sy eie sewemaande-oue baba.

Die 21-jarige moeder van die kind, Neblungu Somfula, is besig om hom vir onderhoud te dagvaar omdat sy tot dusver net twee paaimente van R500 van die Tsotsi-akteur wat Hollywood verower het, ontvang het.

“Wat kan ek met R500 doen?” vra Somfula. Sy het ’n tweejaarlange verhouding met die Tsotsi-ster gehad wat haar swanger gemaak het terwyl sy ’n graad 11-leerling op die skoolbanke was, nie lank voor hy Los Angeles toe gevlieg het en internasionaal beroemd geraak het nie.

Volgens Somfula was hy die eerste wat geweet het dat sy swanger was, selfs voordat sy ’n swangerskaptoets ondergaan het. Die Tsotsi-ster wou egter gehad het dat sy ’n aborsie ondergaan, iets waarteen sy minnares gekant was.

Intussen het die akteur se ma ’n vaderskaptoets aangevra om te bepaal of hy werklik die vader van die kind is.

Chweneyagae was voorheen in die nuus omdat hy met ’n vervalste Ivoriaanse bestuurderslisensie motor bestuur het. Hy is aan bedrog skuldig bevind en is ’n vonnis van R5000 of ses maande tronkstraf opgelê.

Die ‘Tsotsi’-akteur wou nie met die pers praat nie. Sy agent het bloot gesê dat Chweneyagae hom tans iewers op ’n filmstel bevind.

компрессор для пескоструйкиданильченко юрий брониславович прокурор

Sarkozy se vakansietjie

Nadat Sarkozy Maandag aangekondig het dat hy ‘n paar dae vakansie gaan neem om uit te rus vir die groot taak wat voorlê, het hordes fotograwe na Korsika gereis. Die nuutverkose president het verklaar dat hy op Napoleon se geboorteplek gaan uitspan om voor te berei vir die omvattende hervormings wat hy vir Frankryk in gedagte het.
 
Uitgepak, opgestel en ingegrawe moes die persmense egter na hul aankoms op die eiland verneem dat hulle om die bos gelei is want Sarkozy, sy vrou Cécelia en hul seun Louis is Maandag per Falcon 900 EX-privaatstraler na Malta. Ontnugterde joernaliste het nou vasgestel dat die straler aan Vincent Bolloré, Franse industriële magnaat, behoort wat die vliegtuig aan die president beskikbaar gestel het. Die reeksnommer by die vluginskrywing is met die eienaar verbind.

In Malta het ‘n 60m luukse jag gereed gestaan om die vakansie in te lui. Dié jag behoort ook aan Bolloré. Dit het dus nie te lank geneem vir ‘n span nuushonde om die vasmeerplek en kaptein op te spoor nie. Die Sarkozys hou op die oomblik vakansie op die jag in die Middelandse See met ‘n helikopter wat danksy die onverpoosde mediagesnuffel oor die vaartuig hang.

Wat die prominente gesin die graagste wou vermy, het hulle nou getref: ‘n vloed vakansiefoto’s gisteroggend op die voorblaaie van Franse poniekoerante. Sarko, soos die Franse na hom verwys, is op die foto’s te siene op die dek van die Paloma in ‘n donkerblou t-hemp en oranje swembroek geklee. ‘n Weeklange verblyf op die skip, moes Franse daarna uitvind, kos ongeveer 200 000 Euro.

Lesers het behoorlik na hul asems gesnak vir dié rojale spandabelheid. Vergete is die vrae oor die samestelling van die kabinet en wie die beste Eerste Minister sal wees. Hulle wonder tans waarom die oordadige vrygewigheid nodig sou wees. Ségolène Royal se segsman, Vincent Peillon, beskryf Sarko se vakansie as ‘n "belediging vir Franse wat vroeg opstaan".

François Fillion, moontlike kandidaat vir Eerste Minister, het gou gister na die kleurvolle voorbladverslae tot Sarko se redding gekom: "Hy het ‘n vreeslike stresvolle veldtog agter die rug. Ek dink dat hy ‘n bietjie rus, privaatheid en vrede verdien het." Die Paryse media-eggo moes selfs tot by die Middelandse See getrek het want Woensdagoggend het Sarko sy drafroetine onderbreek om aan ‘n groot Franse radiostasie, Europe 1, sy vakansie te regverdig. Hy het onder meer gesê dat hy homself nie hoef te "versteek of te lieg of te verontskuldig" nie.

"Ek ken my gasheer Vincent Bolloré al 20 jaar lank en my vakansie kos die belastingbetaler nie ‘n sent nie," het hy bygevoeg. "Ek het ‘n klein pouse nodig wat ek saam met my gesin wou deurbring. More vroeg is ek weer terug op kantoor."

 
‘n Paar Sosialiste het intussen aangedui dat Sarkozy ‘n ware "staatsman" is en dat hulle hom sal ondersteun. Daar is egter meer kandidate as poste vir die sentrum. Jacques Attali, eertydse raadgewer van Mitterand, het aan Le Monde gesê dat Sarkozy erken het dat hy regse politici uit sy eie kamp haat.

для банитопкарго развод

De la Rey-debat op 15 Mei 2007: Eloff, Roodt, Matshikiza, Van Graan, Zoid

Moenie die Mail & Guardian se groot debatsaand oor "The meaning of ‘De la Rey’ misloop nie! Met Theuns Eloff van die PUK, Dan Roodt van PRAAG, John Matshikiza van M&G, Mike van Graan (regisseur) en Karen Zoid (sangeres). Klik hieronder vir meer besonderhede en laat weet ons by inlig@praag.org sodat u naam op die gastelys kan verskyn.

 

PROGRAMME OF EVENTS FOR THE CRITICAL THINKING FORUM

THE ATLAS STUDIOS

JOHANNESBURG

h/v  Frost & Owl

Milpark

Johannesburg 

15 MAY 2007

 

            18h00 for 18h30           Guests arrive

                                       Welcome drinks to be served

 

          18h30                     Guests are ushered main ballroom  

 

          18h35                     Video of the Bok van Blerk’s – de la Rey

 

18h35                    Welcome by ABSA

 

18h40           ABSA introduces John Perlman (Speaker from ABSA to set the tone for the evening)

                            

18h45                    John Perlman – Moderator

 

(John introduces the Panel for the evening)

 

19h00           Debate in progress            Rebuttal – Questions and answers

 

19h30           Vote of thanks by Jason Zeelie – Managing Director of M&G Media Limited

 

19h45                     Cocktails served

 

 

          21h00                             Guests depart at leisure

автоподъемник Олександр Васильович Фільчаков

Tweede DA-politikus neerhalend oor Afrikaners

Image

Robin Carlisle

Terwyl die Boerehaatherrie rondom mnr. Pat Hill van die DA wat eerste hier op Praag bekendgemaak is, vandag opslae in die nasionale pers maak, blyk dit dat nog ’n party-hoë, mnr. Robin Carlisle, insgelyks neerhalende aanmerkings oor Afrikaans en Afrikaners op ’n vlug van Kaapstad na Johannesburg gemaak het.

Carlisle is ’n veteraanpolitikus van Kaapstad, Engelssprekend en behoort in sy eie woorde “saam met Tony Leon, James Selfe en Ryan Coetzee tot die binnekring van die party”. Volgens ’n Johannesburgse sakevrou wat om professionele redes nie haar naam bekend wil maak nie, het Carlisle haar tydens ’n gesprek, wat die hele vlug geduur het, vertel dat “baie Afrikaners in die DA, waaronder die Kaapse leier, mnr. Theuns Botha, ’n identiteitsprobleem het as gevolg van hul magsverlies in die vorige bedeling”.

Hul gesprek het ook oor die taalkwessie gehandel. Volgens Carlisle verkeer die Afrikaanse taal “glad nie in gevaar nie en word dit tans verryk deur Engelse woorde en die ‘kleurvolle patois’ wat Kaapse bruinmense praat”.

Hy is ook glad nie bekommerd oor die agteruitgang van Afrikaans aan universiteite en ander tersiêre inrigtings nie, “want, kom ons wees nou maar eerlik, die handboeke was nog altyd in Engels en Afrikaans het nooit regtig akademiese status geniet nie”.

Carlisle het teenoor die Johannesburgse sakevrou erken dat “daar spanning tussen Afrikaans- en Engelssprekendes in die party heers”. Tans dien Carlisle onder die leierskap van Theuns Botha in die Wes-Kaapse provinsiale parlement.

с освещениемтопкарго отзыв

Warren Buffett wil in Suid-Afrika bel

Image

Warren Buffett

Warren Buffett, die wêreld se mees suksesvolle belegger, stel daarin belang om in Suid-Afrika te belê. Tydens ’n mediakonferensie wat Sondag in Omaha in die VSA plaasgevind het, het Buffett gesê dat hy met sowat 30 Suid-Afrikaners by die Berkshire Hathaway algemene jaarvergadering gesels het en vir hulle gesê het dat hulle hom kan bel as hulle van ’n beleggingsgeleentheid weet.

“Ons sal baie graag in Suid-Afrika wil belê,” het Buffett bygevoeg. ”Ons het ’n hele klompie vishoeke uitgegooi. Dit kan ’n groot vis inbring, verkieslik ’n walvis.“

Gegewe die grootte van die Berkshire-groep (meer as 140 miljard dollar werd) sal ’n Suid-Afrikaanse belegging ten minste 2 miljard dollar moet beloop om sin te maak.

Buffett was verlede jaar in die nuus toe hy sowat 30 miljard dollar aan die Gates-stigting geskenk het om vir liefdadigheidsprojekte aangewend te word.

игрушкаФильчаков прокурор отзывы

AU stuur soldate na Somali

Image

Kufuor, AU-voorsitter

Die Afrika-unie (AU) het gister aangekondig dat 8000 addisionele soldate na Somalië gestuur gaan word om vrede in dié konflikgeteisterde land te help handhaaf.

Honderde mense is reeds dood sedert die begin van die jaar. Ethiopiese soldate wat die Somaliese regering steun en Islamitiese rebelle is al vir maande lank slaags in Mogadisjoe.

Volgens John Kufuor, president van Ghana en voorsitter van die AU, word probleme verder in Darfoer ondervind ten opsigte van die ontplooiing van Verenigde Nasies-soldate. “Die AU het probeer druk uitoefen op die Soedanese regering en die opposisie in ’n poging om die probleem op te los. Dit lyk of vordering gemaak is. Ons hoop die VN-soldate sal binnekort kan inbeweeg.“

 

Die burgeroorlog in Darfoer het in 2003 begin en het reeds sowat 200 000 lewens geëis en twee miljoen mense laat vlug. Die AU het in 2004 ’n vredesmag van 7000 soontoe gestuur. Die soldate kla van tyd tot tyd oor ’n gebrek aan toerusting en mannekrag, maar Soedan het tot dusver geweier dat soldate van die Verenigde Nasies by die AU-soldate aansluit.

Intussen is daar ontevredenheid omdat AU-soldate in Somalië en Darfoer nie betaal word nie. Die Europese Unie (EU) het byvoorbeeld twintig miljoen dollar vir die operasie in Somalië geskenk, maar die geld het nog nie die troepe bereik nie. Dit is nie duidelik wat met die buitelandse skenkings gebeur het nie.

отвертки и вставкиДанильченко

Afrika bekommerd oor Sarkozy

Heelparty Afrikane het Maandag hul bekommernis oor die nuwe Franse president, Nicolas Sarkozy, uitgespreek. Veral Sarkozy se houding teenoor onwettige immigrasie was ‘n teer punt. In Johannesburg by die Alliance Française was die atmosfeer taamlik neerdrukkend.

Oesman Diarra uit Mali was "baie bang" toe hy hoor wie die verkiesing gewen het. Diarra is die voorsitter van die AEM oftewel die Assosiasie vir die Uitgesettes van Mali in Bamako. "Dis ‘n ou wat baie streng is oor immigrasie ten nadele van Maliërs en Wes-Afrikane." Die voorsitter het in Mei 2006 ‘n veldtog teen Sarkozy se besoek aan Mali gevoer.

‘n Nie-regeringsorganisasie in Dakar, Senegal, wat met menseregte gemoeid is se sekretaris Alouine Tine sê prontuit dat "die verkiesing van Sarkozy nie groot entoesiasme in Afrika gaande gemaak het nie."

"Hy (Sarkozy) het probeer om die Le Peniste te sjarmeer met verregse temas. Hy het Afrikane se gevoelens openlik geminag, binnelands en buitelands," het hy benadruk. "Afrikane verwag ‘n ommekeer in polisiebeheer, onwettige immigrasie en visum-aansoeke."

Die Senegalese koerant Le Soleil, pro-regeringsmondstuk, skryf dat Sarkozy "deur die Afrika-massas gesien word as die laagtepunt van ‘n Frankryk wat agter sy barrikades skuil en sonder ophou die verwerping van die swart kontinent  ignoreer."

In Kinshasa skryf die onafhanklike koerant Le Potentiel dat Sarkozy "in Afrika net immigrasie wat Frankryk benadeel raaksien" en "alles wat Afrika vir Frankryk en Franssprekendes beteken, ignoreer."

Die opposisie-aktivis uit die Ivoorkus, Alassane Ouattara, was egter meer optimisties oor die vooruitsigte van "modernisering" wat die nuwe presidentskap kan inhou. Ook Jean-Pierre Bemba wat tans in Portugal skuil nadat hy onlangs uit die DRK moes vlug hoop dat Frankryk se nuwe politiek na "demokrasie en goeie regering" sal lei.

In Johannesburg het Franse kiesers by die Alliance Française vertel dat daar ongeveer 2000 geregistreede kiesers in die stad is en 800 in Kaapstad wat kon gaan stem het. Daar was glo enkele stemme vir die verlinkse kandidate. Dié soort stemme word deesdae in Frankryk as "taktiese" stemme beskryf.

Die meerderheid stemme in Johannesburg het egter aan Le Pen gegaan. Volgens een Fransman kan dit toegeskryf word aan die feit dat die Franse wat hier woon eerder van die "ancien regime"-soort is.

Sarkozy het Sondagaand, net na sy oorwinning, homself ten gunste van ‘n Mediterreense Unie uitgespreek wat saam besluite ten opsige van "beheerde immigrasie en ambisieuse ontwikkeling" kan neem. Dit sal ‘n skakel tussen Europa en Afrika wees.

справкаtopcargo отзыв