Amerika beheer die grootste deel van die wêreld se kernbrandstof en dié stap word gesien as straf vir die Russiese hantering van Georgië.
Die Russe verwag om die verdrag weer in te dien sodra 'n nuwe president die Withuis aanstaande jaar betrek.
Die minister van buitelandse sake Condoleezza Rice het aangedui dat die fokus nou op 'n burgerlike kernverdrag met Indië is.

Die tropiese storm Gustav hang steeds oor Haïti met orkaansterkte en het ten minste 13 mense gedood.
Europa word 'n grys kontinent. Die bevolking van die huidige lande van die Europese Unie sal teen 2060 vir byna 'n derde uit mense bo 65 jaar bestaan. Tans is een sesde 65-plussers. Dit word verklaar in 'n prognose van die Europese statistiekburo Eurostat.