Gustav hang oor Ha?ti

ImageDie tropiese storm Gustav hang steeds oor Haïti met orkaansterkte en het ten minste 13 mense gedood.

Die Amerikaanse Nasionale Orkaansentrum het gewaarsku dat Gustav sy orkaansterkte teen vandag kan herwin soos wat dit tussen Jamaika en die suid-oostelike kus van Kuba deurtrek.

Oliepryse het gestyg vanweë die nuus dat die storm olie-installasies in die Golf van Meksiko kan beskadig.

Die goewerneur van Louisiana het 'n stormkrisissentrum ingerig ná die ervaring met die Orkaan Katrina wat onberekenbare skade in 2005 aangerig het.

Winde van tot 95 k.p.u. het oor Haïti gewaai.

инструменталександр лобановский супермаркет класс