Teebediende word finansiële hoof

Sicelo Shiceka, minister van die departement van koöperatiewe regering en tradisionele sake, het Woensdag in Boksburg op die department se nasionale indaba ’n oorsigverslag, State of Local Government in South Africa, bekend gestel. Die verslag is saamgestel nadat taakspanne van die departement die 283 munisipaliteite in die land besoek het tussen April en Augustus vanjaar.

Lees verder: Teebediende word finansiële hoof

Kovsies kry swart SV-voorsitter

Die studente aan die Universiteit van die Vrystaat se hoofkampus in Bloemfontein het hulle eerste swart studenteraadsvoorsitter verkies. Volgens Lacea Loader, woordvoerder van die UVS, is die nuwe voorsitter ‘n BA Filosofie-student en is hy ook lid van die studente-organisasie Sasco. Moses Masitha, was in 2007/2008 die ondervoorsitter van die studenteraad. Altesame 6926 studente het

Lees verder: Kovsies kry swart SV-voorsitter

Duitse spelers gaan koeëlvastebaadjies kry vir 2010

Sokkerspelers in Duitsland is Woensdag gewaarsku dat hulle tydens volgende jaar se toernooi koeëlvastebaadjies in Suid-Afrika sal moet dra wanneer hulle van die hotel wegbeweeg. Die hoof van die Leverkusen-gebasseerde sekuriteitsfirma BaySecur, wat na die Duitse Sokker Federasies (DFB) en hul gaste omsien wanneer die nasionale span in die buiteland speel, het gesê sterre soos

Lees verder: Duitse spelers gaan koeëlvastebaadjies kry vir 2010

Staatshospitale ‘kritiek’

Die parlement moes Woensdag hoor dat Suid-Afrika se staatshospitale in ‘n swak toestand is danksy ‘n drastiese tekort aan dokters in die land. Volgens prof. Bongani Mayozi, die hoof van interne geneeskunde aan die Universiteit van Kaapstad, neem dit sowat drie dae voordat pasiënte in staatshospitale ‘n bed ontvang. “Dit neem sowat 24uur ‘n dag

Lees verder: Staatshospitale ‘kritiek’

Vlugtelingstatus hersien

Die Kanadese minister van immigrasie, Jason Kenney, is in die hof om die uitgeweke Brandon Huntley se vlugtelingstatus te laat hersien. Sy regsverteenwoordiger, John H Simms, het die federale hof gevra om die saak weer aan te hoor en die vorige uitslag nietig te verklaar. “Die tribunaal het sy besluit op ‘n verkeerde feit gebaseer

Lees verder: Vlugtelingstatus hersien

Aanslag op eiendom duur voort

Soos verwag is, is daar aanduidings vanuit die ANC-regeringskringe, dat daar weer ‘n nuwe onteieningswetsontwerp op pad is na die parlement. ‘n Vorige poging is vir eers afgeweer nadat landbou- en ander organisasies ‘n ad hoc-komitee gevorm het om die diaboliese wet te bespreek. Daar is aangevoer dat die konsep-wet wat toe ter tafel gelê

Lees verder: Aanslag op eiendom duur voort

Argitek van Mbeki-beleid bedank

Joel Netshitenzhe, raadgewer in die presidensie, sleutelargitek van beleid in die Mbeki-era en ‘n senior ANC-lid, het bedank. Die presidensie het Dinsdag in ‘n verklaring gesê Netshitenzhe se bedanking kom ná ‘n “bespreking en gesamentlike ooreenkoms” met Trevor ­Manuel, minister van beplanning. Netshitenzhe, 52, is sedert 1994 werksaam in die regering. “Hy was die eerste

Lees verder: Argitek van Mbeki-beleid bedank

Taiwan merk China se militêre krag

  Verbintenisse tussen China en Taiwan het aansienlik verbeter sedert Ma Ying-jeou verlede jaar die eiland se presidentskap oorgeneem en hy belowe het om ‘n konflikvrye beleid teenoor die hoofland te handhaaf. Maar ten spyte van hierdie beleid heers daar steeds vrees in Taiwan. Met hul goeie ekonomiese groei, het China vir die afgelope 21

Lees verder: Taiwan merk China se militêre krag