Reuse ANC-partytjie sal veldtog afsluit

Die ANC-veldtog vir die plaaslike verkiesings op 18 Mei sal ‘n hoogtepunt bereik met “die moeder van alle partytjies” met die Siyanqoba-saamtrek by die FNB-stadion in Johannesburg op 15 Mei, het die party Dinsdag gesê. Met slegs agt dae oor voor die verkiesing het die ANC die finale fase van hul veldtog betree, met die

Lees verder: Reuse ANC-partytjie sal veldtog afsluit

Kaalnuus bly

Die uitsaaiklagtekommissie van Suid-Afrika (BCCSA) het Dinsdag gesê dat die kaalbas-nuusprogram wat Vrydagaande op e.tv uitgesaai word, nie uitsaaistandaarde oortree nie. “Dit is binne die gegewe gleuf vir volwasse kyktyd en gee vooraf ‘n waarskuwing sowel as ‘n ouderdomsbeperking van 18 betreffende naaktheid wat regdeur die program vertoon word,” het Shouneez Martin, woordvoerder van die

Lees verder: Kaalnuus bly

Wie gaan die ketting trek?

Iemand moet verantwoordelikheid aanvaar vir die oop toilette in Viljoenskroon in die Vrystaat, het die ANC-Jeugligaleier, Julius Malema, Dinsdag gesê. “Koppe moet rol,” het hy gesê terwyl hy ‘n oop toilet in Fallrock ondersoek het. Malema het gesê geen munisipaliteite moet oop toilette voorsien nie. Hulle moet nie eens daaraan dink nie, het hy gesê.

Lees verder: Wie gaan die ketting trek?

VF+, Mobilitate loods webwerf vir munisipale klagtes

Die Vryheidsfront Plus het vandag ‘n diens saam met Mobilitate (www.mobilitate.co.za) geloods waar inwoners munisipale probleme direk by munisipaliteite kan inhandig. Hierdie diens sal beskikbaar wees op die webwerf www.mymunisipaliteit.org.za en is bykomend tot die bestaande diens waar swak dienslewering by die Verbruikerskommissie aangemeld kan word. Hierdie diens is tekenend van die mag wat tegnologie

Lees verder: VF+, Mobilitate loods webwerf vir munisipale klagtes

Die misbruik van godsdiens vir politiek

Die ANC se Vryheidsmanifes, beter bekend as die Freedom Charter, het met die huidige verkiesing selfs nog meer aktueel geword as met vorige verkiesings. Nie alleen word gou na die manifes gegryp as beleid skynbaar ongrondwetlik is nie – iets wat al verskeie kere op hofsake uitgeloop het waar die grondwet gehandhaaf is, maar ook

Lees verder: Die misbruik van godsdiens vir politiek

Tunisië prut steeds

Polisie moes Sondag traangas gebruik om betogers uitmekaar te jaag tydens ‘n anti-regeringopstand in Tunis. Te midde groeiende geweld in die land het jeugdiges polisiestasies in vyf stede aan die brand gesteek. Sowat 200 betogers het buite die munisipale teaters en Habib Bourguiba-laan byeengedrom. Hulle het die nasionale volkslied gesing om nog ondersteuners te werf.

Lees verder: Tunisië prut steeds