Die ANC-veldtog vir die plaaslike verkiesings op 18 Mei sal ‘n hoogtepunt bereik met “die moeder van alle partytjies” met die Siyanqoba-saamtrek by die FNB-stadion in Johannesburg op 15 Mei, het die party Dinsdag gesê.
Met slegs agt dae oor voor die verkiesing het die ANC die finale fase van hul veldtog betree, met die ontplooiing van hul “top ses”-leiers na verskeie dele van die land.
Luidens die program sal President Jacob Zuma Mpumalanga, KwaZulu-Natal, Noordwes en die Oos-Kaap vandeesweek besoek voordat hy Sondag se saamtrek sal bywoon.
Adj. Pres. Kgalema Motlanthe sal KwaZulu-Natal, Limpopo en Noordwes vandeesweek besoek voordat hy Sondag se saamtrek sal bywoon en Maandag en Dinsdag die veldtog in die Wes-Kaap sal voortsit.
