Kaalnuus bly

Die uitsaaiklagtekommissie van Suid-Afrika (BCCSA) het Dinsdag gesê dat die kaalbas-nuusprogram wat Vrydagaande op e.tv uitgesaai word, nie uitsaaistandaarde oortree nie.

“Dit is binne die gegewe gleuf vir volwasse kyktyd en gee vooraf ‘n waarskuwing sowel as ‘n ouderdomsbeperking van 18 betreffende naaktheid wat regdeur die program vertoon word,” het Shouneez Martin, woordvoerder van die BCCSA, gesê.

“Ons het ook gesien dat wanneer die program op DStv gekyk word, kan dit indien nodig deur kykers versper word.”

Naked News is ‘n internasionale nuusprogram wat na die 22:00 film uitgesaai word. Vroulike aanbieders se klere waai stuk vir stuk totdat hulle heeltemal kaal is.

Kerkgroepe en aktiviste het kapsie gemaak oor die program en glo dit verontagsaam uitsaaiwette en is ‘n risiko vir kinders wat dalk daarop kan afkom.

Die BCCSA sê hy het daagliks vyf klagtes van individue, organisasies en kerke ontvang sedert die program op 22 April begin het.

“Aan die einde van die dag is dit die uitsaaiers wat mense moet opvoed oor hul sperstelsels… wanneer ons klagtes ontvang, voed ons steeds mense op oor die uitsaaikode en wat toegelaat word,” het Martin gesê.

“Ouers moet ook die verantwoordelikheid neem… hulle het die reg om die kanaal van hul TV’s te verwyder asook om hul kinders te monitor.”

‘n BCCSA-beslissing wat in 2008 gemaak is oor ‘n pornografiese film wat om 23:25 op e.tv uitgesaai is, het dieselfde uitslag gehad. Die kommissie het gesê die verantwoordelikheid lê by ouers en voogde wanneer kinders so laat TV kyk.

“Wanneer ‘n televisiestel in ‘n huis gebring word, moet dit op ‘n ingeligte besluit gebaseer wees, wat impliseer dat ouers en ander voogde nie kan of mag ontspan en die verantwoordelikheid na die uitsaaier skuif nie.”

freeФильчаков прокурор

Maak 'n opvolg-bydrae