Die ANC-president, Thabo Mbeki, het so pas gister sy bereidheid om as derde termyn as dié party se leier aan te bly oor die SAUK-radio herhaal.
ANC-takke het begin met die proses om kandidate vir partypresident te benoem in aanloop tot die partykonferensie in Desember waar ’n nuwe leier gekies sal word. Die leierskapstryd het reeds verskeie binnegevegte in die party tot gevolg gehad en daar heers interne verdeeldheid as gevolg daarvan.
Wie ook al as die ANC-leiers verkies word, sal ook waarskynlik Suid-Afrika se nuwe president word.

Die Premier Soccer League (PSL) het R70 miljoen opsy gesit as “’n teken van dankbaarheid” vir hulle onderhandelaars se aandeel in die verkryging van borgskappe.