Olie uit klip

The Times, Londen, het berig dat ‘n toordokter in Zimbabwe die regering olie uit klip belowe het. Vir haar "ontdekking" het sy nie alleen 5 miljard Zimbawiese dollar (R1 miljoen) ontvang nie, maar ook ‘n plaas, voedsel en dienste. Nomatter Tagarira is voorts ‘n stel lyfwagte aangebied om haar en haar "vonds" te beskerm in die Chinhoyi-distrik, 100km van Harare. Zimbabwe ondervind steeds ‘n ernstige brandstoftekort.

Die olie-uit-klip-wonderwerk is na 15 maande egter ontrafel, nadat Tagarira kabinentministers, polisiehoofde en weermagpersoneel oortuig het dat olie uit ‘n sekere klip vloei indien dit geslaan word. Dit blyk nou dat die klip per pyp verbind was aan ‘n ou dieselopslagplek wat uit die Rhodesiese bosoorlog van die sewentigerjare dateer waar ‘n helper van die toordokter die kraantjie op ‘n teken beheer het. Die toordokter se ondergrondse tenk het egter leeggeloop en vir haar toertjie was sy toenemend afhanklik van vragmotorbestuurders vir diesel om die tenk te bly aanvul.

Die regering het in Junie besluit dat haar beweringe genoeg substansie bevat om ‘n "taakspan" af te vaardig om ondersoek in te stel, maar nooit daaraan gedink dat ‘n enkele geoloog ook ewe goed uitsluitsel sou kon gee nie. Die groep het klaarblyklik bestaan uit politici en weermaglede, aangevoer deur die adjunk-polisiekommissaris. Die eerste verslag aan Mugabe se politburo was dat die diesel-uit-die-klip vragmotors sonder probleme laat funksioneer.

Dit is nie die eerste keer dat Mugabe van toordokters gebruik maak om die bevolking te beheer nie. In 1981 het hy gebruik gemaak van Sophia Mbuya Nehanda om sy veldtog om wittes uit die land te verdryf van stapel te stuur. Deur ‘n destydse vertroueling, die minister van gesondheid Herbert Sylvester Ushewokunze, is die moorde op die Afrikaanse Roux-egpaar van Mkwari met behulp van die toordokter beplan. In die hofsake wat daarna gevolg het, het die beskuldigdes en hul handlangers openlik na die haatlike Afrikaners verwys.

Die Van As-moorde by Mudspruit was ‘n voorsetting van dié veldtog. Ten spyte van Ushewokunze se betrokkenheid en die feit dat hy sy eie milisie bedryf het, is hy uiteindelik bevorder en deur Brittanje as vennoot erken. Lord Soames se onderhandelaars wat, nadat hulle met oorweldigende getuienis van die anti-wit veldtog gekonfronteer is, het die versekering gegee dat anti-wit voorstanders van ZANU PF voortaan verbied sal word. Brittanje het egter destyds nie by dié onderneming gehou nie en Mugabe sterk bly ondersteun.

Net soos Tagarira is Nehanda ook uiteindelik aangekla. Haar groeiende invloed het ‘n bedreiging ingehou vir Mugabe. Die daaropvolgende heraanstelling van Ushewokunze in Mugabe se regering het die Los Angeles Herald Examiner op 18 Augsutus 1984 genoop om ‘n artikel onder die opskrif: "Do we want South Africa to become another Zimbabwe?" te publiseer. Brittanje het weliswaar meer as 20 jaar gehad om te reageer teen Mugabe se vergrype waartydens hulle nie ‘n vinger veroer het nie.

парус на передней мачтелобановский александр игоревич