Hillary maak stem dik teen Guinee

Hillary Rodham Clinton, die Amerikaanse minister van buitelandse sake, het die gewelddadige optrede van die regering van Guinee as “ kriminaliteit van die hoogste graad” bestempel. Clinton het Dinsdag aan verslaggewers gesê die militêre regime van kapt. Moussa “Dadis” Camara behoort sy mense om verskoning te vra en mag te oorhandig. Camara het mag verkry

Lees verder: Hillary maak stem dik teen Guinee

50 ton Afghaanse dwelms gevind

Die departement van verdediging in Afghanistan sê Afghaanse en Amerikaanse magte het beslaggelê op sowat 50 ton opium tydens ‘n dwelmklopjag in die suide van dié land. Die departement het Donderdag gesê die vonds is Woensdag gemaak en daar is ook op sowat 2 ton heroïne asook plofstof en ammunisie beslaggelê. Die dwelms, wat sowat

Lees verder: 50 ton Afghaanse dwelms gevind

Straatroof is 2010 se kopseer

Straatrowers in Suid-Afrika is die Wêreldbekersokkertoernooi in 2010 se grootste kopseer. Die Instituut vir Sekerheidstudies (ISS) sê straatrooftogte is 66% van alle ernstige rooftogte. “Dit moet gesien word as potensieel die grootste misdaadbedreiging wat besoekers aan dié sokkertoernooi mag teëkom.” Die ISS het Donderdag ’n ontleding van die polisie se jongste misdaadstatistieke, vir die tydperk

Lees verder: Straatroof is 2010 se kopseer

Minister smeek boere om te bly

Tozi Gwanya, direkteur-generaal van landelike ontwikkeling en grondhervorming, het Donderdag op Agri SA se kongres in Mulderdrift aan die Wes-Rand gesê Afrikanerboere moenie die land verlaat nie. Die inleiding van sy toespraak was in Afrikaans. ’n Groep Afrikanerboere is onlangs deur die Demokratiese Republiek van die Kongo, DRK, genooi om in die landboubedryf daar betrokke

Lees verder: Minister smeek boere om te bly

Swaab wen Nobelprys vir letterkunde

Die Nobelprys vir letterkunde is vanjaar aan die Roemeens gebore Duitse skryfster Herta Müller toegeken. Müller is op 17 Augustus 1953 in ‘n Duitssprekende dorpie Nitzkydorf in die weste van Roemenië gebore as deel van ‘n Duitse minderheidsgroep wat bekend staan as die Swabe van Banat. Sy het haar literêre debuut in 1982 gemaak met

Lees verder: Swaab wen Nobelprys vir letterkunde

Vliegtuigwrakstuk soek

Ondersoekers is op soek na ‘n gedeelte van die enjin van die SA Airlink-vliegtuig wat verlede maand in Durban neergestort het. Die Suid-Afrikaanse Burgerlugvaartowerheid, BLO, het Donderdag gesê hulle weet nie in watter stadium die enjindeel van die vliegtuig geskei is nie. “Dit is moontlik dat iemand dit van die toneel verwyder het,” het die

Lees verder: Vliegtuigwrakstuk soek

462 polisiebeamptes aangekla

Altesaam 426 polisiebeamptes is tussen April 2008 en Augustus 2009 aangekla van moord, verkragting, korrupsie en gewapende roof. Nathi Mthethwa, minister van polisie, het dié onthulling gemaak in reaksie op ‘n geskrewe vraag van die DA. Mthethwa het gesê 82 polisiemanne is in dieselfde tydperk ontslaan. Regoor die land is 60 beamptes, waarvan 17 ontslaan

Lees verder: 462 polisiebeamptes aangekla

Franse minister se kop kan waai oor seks

Frankryk se minister van kultuur, Frédéric Mitterrand, se kop kan rol ná openbarings uit sy outobiografie dat hy “jong seuns” betaal het om met hulle seks te hê. Die openbarings wat Mitterrand in sy boek, The bad life, gemaak het, het die week weer kop uitgesteek nadat die politikus teen die VSA uitgevaar het vir

Lees verder: Franse minister se kop kan waai oor seks

Is ‘n paar skoene ‘n ANC-kader se loopbaan werd?

Misdaad is misdaad is misdaad. Of jy ‘n bruinbrood of ‘n miljard rand steel, steel bly steel. Een van die dinge wat my egter telkens opval wanneer lede van die ANC-regime of hul meelopers in die moeilikheid kom agv korrupsie, is die relatiewe snuisterye of onbenullighede waarvoor hulle letterlik alles op die spel plaas, veral

Lees verder: Is ‘n paar skoene ‘n ANC-kader se loopbaan werd?