Is ‘n paar skoene ‘n ANC-kader se loopbaan werd?

Misdaad is misdaad is misdaad. Of jy ‘n bruinbrood of ‘n miljard rand steel, steel bly steel. Een van die dinge wat my egter telkens opval wanneer lede van die ANC-regime of hul meelopers in die moeilikheid kom agv korrupsie, is die relatiewe snuisterye of onbenullighede waarvoor hulle letterlik alles op die spel plaas, veral gegewe dat die oortreders dikwels relatief welgestelde mense is. Armoede word dikwels as verskoning vir misdaad aangevoer, maar die Travelgate-sondebokke, almal LP’s wat goeie salarisse sou verdien, was bereid om korrupsie te pleeg. Hulle was bereid om van jou en my, die belastingbetaler, te steel, vir iets so onbenulligs soos ‘n paar vlugte of ‘n paar rand.

Tony Yengeni, ‘n ander ANC-kader, kon sekerlik enige een van ‘n aantal poste in die privaatsektor op grond van sy verbintenisse met die heersende kleptokrasie bekom. Al daardie poste sou aan Yengeni ‘n simboliese aanstelling gegee het (soos wat die meeste RA-aanstellings maar is) en miljoene rand per jaar aan ‘n sogenaamde salaris. Nietemin het Yengeni afslag op ‘n viertrekvoertuig verkry, wat hom uiteindelik in die tronk laat beland het, en gelei het na sy skokkende en siek heldebegeleiding na die gevangenis. Dit was nie eens so ‘n groot afslag nie, maar steeds was Yengeni bereid om die risiko van tronkstraf daarvoor te loop.

Die Kommissaris van Polisie verdien insgelyks ‘n beduidende salaris. Wat Jackie Selebi op sy salariskerf as kleingeld sou beskou, kan baie van ons en ons gesinne van kos vir die maand voorsien. Luidens getuienis wat deur Glenn Agliotti in Jackie Selebi se verhoor aangevoer is, was een van die geskenke wat Agliotti aan Selebi verskaf het egter ‘n paar skoene wat Selebi aan Thabo Mbeki as ‘n geskenk wou gee.

Ek koop my skoene ongetwyfeld nie by dieselfde plekke as waar Selebi inkopies doen nie, en R500 vir ‘n paar is vir my duur (het Shoe City sulke skoene?) Kom ons wees toegeeflik en veronderstel Mbeki se skoene is een of ander spesiale soort wat slegs by ‘n Sandton-City-boetiek gekoop word en kos tien maal meer as wat ek as duur beskou, R5 000. Vir iemand wie se salaris sekerlik miljoene per jaar beloop, is dit steeds kwalik ‘n groot bedrag. Nietemin was die Kommissaris van Polisie weer eens bereid om sy ganse loopbaan en reputasie op die spel te plaas.

Alles vir ‘n skamele paar skoene en ander relatief onbenullige bedraggies, etes en kleinerige geskenkies. Al het daardie geskenkies uiteindelik opgetel na meer as ‘n miljoen rand, is ‘n miljoen rand steeds nie so ‘n groot bedrag vergeleke met Selebi se salaris nie.

Goed, ek gee toe dat ‘n honger plakkerskampinwoner ‘n brood kan steel en mens hom seker kan vergewe daarvoor. Nóg Yengeni, nóg Selebi kan egter as armes beskryf word; inteendeel. Waarom dan jou ganse lewe en loopbaan op die spel plaas?

Is steel en misdadige gedrag ‘n bepaalde mentaliteit wat in die gene van ‘n ANC-kader gegriffel is? Is dit nog een van die legio ondinge waarvoor apartheid uiteindelik geblameer sal word?

купить детские кубики пластмассовые большиелобановский александр дети

Maak 'n opvolg-bydrae