Hillary Rodham Clinton, die Amerikaanse minister van buitelandse sake, het die gewelddadige optrede van die regering van Guinee as “ kriminaliteit van die hoogste graad” bestempel.
Clinton het Dinsdag aan verslaggewers gesê die militêre regime van kapt. Moussa “Dadis” Camara behoort sy mense om verskoning te vra en mag te oorhandig.
Camara het mag verkry nadat die diktator Lansana Conte in Desember verlede jaar gesterf het.
‘n Menseregtegroep het gesê sowat 157 mense is gedood en meer as ‘n 1 000 is gewond toe regeringstroepe op ‘n groep mense wat teen Camara betoog het, begin skiet het.
Soldate het vrouens in die strate verkrag, het ooggetuies gesê.
Clinton het gesê die VSA sal teen die regering van Guinee optree.
“Dié wat verkeerdelik opgetree het en daardie misdade gepleeg het, moenie ‘n rede gegee word om te dink hulle gaan geregtigheid vryspring nie.
