Straatroof is 2010 se kopseer

Straatrowers in Suid-Afrika is die Wêreldbekersokkertoernooi in 2010 se grootste kopseer.

Die Instituut vir Sekerheidstudies (ISS) sê straatrooftogte is 66% van alle ernstige rooftogte. “Dit moet gesien word as potensieel die grootste misdaadbedreiging wat besoekers aan dié sokkertoernooi mag teëkom.”

Die ISS het Donderdag ’n ontleding van die polisie se jongste misdaadstatistieke, vir die tydperk van 1 April 2008 tot 31 Maart 2009, bekendgestel.

Volgens dié statistieke het 41% van al die straatrooftogte in swart woonbuurte plaasgevind, 31% in middestede, 20% in woonbuurte, 4% in landelike gebiede en 2% in tradisionele nedersettings.

Nkhosilo Seimela van die polisie se navorsing-en-statistiek-eenheid het gesê 57% van dié rooftogte is met ’n vuurwapen gepleeg, 38% met ’n mes en 5% met ’n stomp voorwerp.

Selfone word in 64% van alle straatrooftogte gesteel, geld in 50% en persoonlike items in 27% van die gevalle.

Die meeste straatrooftogte word in Gauteng aangemeld, gevolg deur KwaZulu-Natal, die Wes-Kaap en Noordwes.

Volgens die ISS se verslag was daar in die twee weke van die Konfederasiebeker-sokkertoernooi vanjaar ’n dramatiese afname in misdade soos moord, poging tot moord, huisroof, motorkaping en seksuele misdrywe in areas rondom die sokkerstadions omdat tussen 6 000 en 8 000 lede van die polisie, spesiale taakmag en weermag ontplooi is in dorpe waar die toernooie plaasgevind het.

 

игра для девочклобановский депутат

Maak 'n opvolg-bydrae