Franse minister se kop kan waai oor seks

Frankryk se minister van kultuur, Frédéric Mitterrand, se kop kan rol ná openbarings uit sy outobiografie dat hy “jong seuns” betaal het om met hulle seks te hê.

Die openbarings wat Mitterrand in sy boek, The bad life, gemaak het, het die week weer kop uitgesteek nadat die politikus teen die VSA uitgevaar het vir die vervolging van Roman Polanski.

Die VSA dring daarop aan Switserland die bekende regisseur aan Amerika uitlewer om tereg te staan op ‘n aanklag dat hy in 1977 met ‘n dertienjarige meisie seks gehad het.

Mitterrand is uit verskei oorde gekritiseer vir sy vurige aanval op die VSA oor die Polanski-saak.

‘n Verregse party in Frankryk het die vure vandeesweek gestook deur uittreksels uit Mitterrand se outobiografie bekend te maak.

“Ek het die gewoonte ontwikkel om te betaal vir seks met seuns,” het die Franse minister geskryf.

Mitterrand het aangehou met sy onwettige praktyke selfs nadat hy “die vieslike details van die handel” uitgevind het, het hy geskryf.

“Die rituele van die kindermark, die slawemark, die oorvloed van aantreklike en beskikbare jong seuns het my met wellus gevul,” skryf Mitterrand.

Lede van beide die verregse Front National en Frankryk se sosialistiese party het gevra dat die minister uit sy amp bedank.

Mitterrand het egter die aanval op hom afgewys.

Die minister het gesê hy beskou dit as ‘n eer indien ‘n verregse party sy naam deur die modder wil sleep.

 

насос для прокачки скважинФильчаков прокурор отзывы