‘n Polisieman is ernstig beseer nadat hy in Poortjie, suid van Johannesburg, in die gesig geskiet is, het polisie Maandag in Gauteng gesê. “‘n Man het die polisiestasie ingestap en die polisieman geskiet terwyl hy besig was om ‘n lid van die publiek te help,” het adjudant-offisier Molefe Mokoena gesê. Die polisieman is hospitaal toe
Wiese met tas note betrap
Christo Wiese, voorsitter van Shoprite, is in die pekel nadat hy met sowat R7 miljoen se note op die Heathrow-lughawe in Londen betrap is. Hy beskou die optrede van die doeanebeamptes as ‘n “bietjie van ‘n grap”. Hoewel die voorval toe die beamptes hom met die £600?000 (sowat R7 miljoen) in banknote voorgekeer het al
Wikileaks stel Pentagon in die verleentheid
Getuienis van Amerikaanse oorlogsmisdade wat die afgelope paar dae op die internet gepubliseer is, maak wêreldwyd opspraak. Die Pentagon hou asem op vir die duisende memo’s wat die werf verder bekend wil maak. Julian Assange, die stigter van die webwerf Wikileaks, het gesê die 92 000 hoogsgeheime items wat hy tot dusver vrygestel het, is
Nasie vs volk
Op die wêreld se streekvlakke vind daar plek-plek blokvorming plaas wat kenmerke van konfederalisme het, soos die Europese Unie met die Europese parlement, die Afrika-Unie en vele meer. Dit word gereeld voorgehou as bewys dat die begrip, volk, of selfs groep, uitgedien is. Ander verwys hierna as onderdele van ‘n gevaar van globalisering. Ander fokus
IG verklaar Kosovo wettig
Dit is ‘n welbekende feit dat die volkereg (internasionale reg) die selfbeskikkingsreg van volke erken. Hoekom is die uitspraak op 22 Julie 2010 van die Internasionale Geregshof in den Haag oor Kosovo se reg op onafhanklikheid dan van soveel belang? Veral as dit ‘n nie-bindende uitspraak was? Die belang lê ten eerste veral daarin dat
Onderwysminister loof kinders se vlak van kennis
Die minister van Basiese Onderwys, Angie Motshekga het Maandag besoek afgelê by die Winnie Ngwakazi-laerskool in Soweto. Sy het die leerlinge se vlak van kennis geprys. Sy het tydens haar besoek ‘n lessie vir die Graad drie klas aangebied. Die besoek is deel van haar 67-minute vir die Mandeladag-veldtog waarin landsburgers gevra word om 67
Lees verder: Onderwysminister loof kinders se vlak van kennis
Brett Kebble-verhoor begin vandag
Die Brett Kebble-moordverhoor het vandag in die Suid-Gautengse Hooggeregshof in Johannesburg afgskop. Die verhoor noes wag vir die Selebi-saak om afgehandel te word. Die veroordeelde dwelmhandelaar, Glen Agliotti word aangekla van die moord op Kebble in 2005. ‘n Nuwe vervolgingspan is intussen aangestel. Gerrie Nel, hoofaanklaer in die Jackie Selebi-korrupsieverhoor, sou die saak eers behartig
Beskuldigde wat Mandela-telg se dood veroorsaak later verhoor
Die saak teen ‘n 23-jarige man wat daarvan beskuldig word dat hy die die dood van oud-president Nelson Mandela se agterkleinkind, Zenani, in ‘n motorongeluk veroorsaak het, is uitgestel. Sizwe Mankazana het vlugtig in die Johannesburgse Landdroshof verskyn en die saak is tot die 27ste Augustus vir verdere ondersoek uitgestel. Die 13-jarige Zenani het ná
Lees verder: Beskuldigde wat Mandela-telg se dood veroorsaak later verhoor
Twee buitelandse toeriste verkrag
Twee buitelandse toeriste is verkrag in twee aparte voorvalle in die Oos-Kaap, het die polisie Sondag gesê. ‘n Duitse meisie (15) is na bewering deur twee gewapende mans verkrag wat by die houthut ingebreek het waarin sy en haar 14-jarige broer gebly het in Addo, het kapt. Ernest Sigobe gesê. “Die mans het glo toegang
Voorbereidings vir die Trek
Die meeste van die ongeveer 10 000 Afrikaners wat getrek het, was van die distrikte Graaff-Reinet, Uitenhage, Somerset en Cradock, enkeles uit Swellendam, Beaufort-Wes en Grahamstad, en ‘n paar gesinne uit Colesberg. Die meeste trekkers het uit vrees vir maatreëls van die Britse bewind in die geheim vertrek. Plase en huisraad is op vendusies verkoop,
