Onderwysminister loof kinders se vlak van kennis

Die minister van Basiese Onderwys, Angie Motshekga het Maandag besoek afgelê by die Winnie Ngwakazi-laerskool in Soweto. Sy het die leerlinge se vlak van kennis geprys.

Sy het tydens haar besoek ‘n lessie vir die Graad drie klas aangebied.

Die besoek is deel van haar 67-minute vir die Mandeladag-veldtog waarin landsburgers gevra word om 67 minute van hulle tyd vrywillig vir welsynswerk af te staan.

Sy het glo die kinders bekendgestel aan selfstandige- en byvoeglike naamwoorde, en ook vir hulle die storie van die drie varkies voorgelees.

Daarna het hulle ‘n speltoets aflê. Motshekga sê sy is baie beïndruk met die vlak van diev kinders se kennis.

магазин новогоднего освещенияАлександр Фильчаков

Maak 'n opvolg-bydrae