Die Brett Kebble-moordverhoor het vandag in die Suid-Gautengse Hooggeregshof in Johannesburg afgskop.
Die verhoor noes wag vir die Selebi-saak om afgehandel te word.
Die veroordeelde dwelmhandelaar, Glen Agliotti word aangekla van die moord op Kebble in 2005.
‘n Nuwe vervolgingspan is intussen aangestel.
Gerrie Nel, hoofaanklaer in die Jackie Selebi-korrupsieverhoor, sou die saak eers behartig het, maar het weens sy werkslading onttrek.
Die saak sal deur die adjunkhoof van openbare vervolging in Gauteng, Dan Tekana, behartig word.
Agliotti het in ‘n beëdigde verklaring gesê die moord was ‘n beplande selfmoord waarin Kebble bygestaan is.
