Beskuldigde wat Mandela-telg se dood veroorsaak later verhoor

Die saak teen ‘n 23-jarige man wat daarvan beskuldig word dat hy die die dood van oud-president Nelson Mandela se agterkleinkind, Zenani, in ‘n motorongeluk veroorsaak het, is uitgestel.

Sizwe Mankazana het vlugtig in die Johannesburgse Landdroshof verskyn en die saak is tot die 27ste Augustus vir verdere ondersoek uitgestel.

Die 13-jarige Zenani het ná die openingkonsert van die Wêreldbeker in Soweto in ‘n motorongeluk gesterf.

‘n Forensiese verslag is ook nog uitstaande. Mankazana staan tereg op aanklagte van dronkbestuur en strafbare manslag.

 

ландшафтное освещение участка фотоФильчаков

Maak 'n opvolg-bydrae