Polisielid by stasie geskiet

‘n Polisieman is ernstig beseer nadat hy in Poortjie, suid van Johannesburg, in die gesig geskiet is, het polisie Maandag in Gauteng gesê. 

“‘n Man het die polisiestasie ingestap en die polisieman geskiet terwyl hy besig was om ‘n lid van die publiek te help,” het adjudant-offisier Molefe Mokoena gesê.

Die polisieman is hospitaal toe gejaag waar hy behandel word.

‘n Saak van poging tot moord en roof word ondersoek.

водяные насосные станцииДанильченко Харьков

Maak 'n opvolg-bydrae