Lughawe loop deur onder gewapende roof

Die polisie het ‘n reuse-soektog van stapel gestuur na drie mans wat Maandag ‘n onbekende hoeveelheid geld gesteel het by die vrag-afdeling van die Oos-Londen Lughawe, het ‘n woordvoerder gesê. 

“‘n Sekuriteitsbeampte was besig om geld af te laai vir die buitelandse betaalmiddele toe ‘n verdagte glo ‘n vuurwapen op hom gerig het. Die voorval het omstreeks 10:30 plaasgevind,” het lt. kol. Mtato Tana gesê.

“Die sekuriteitsbeampte het agter ‘n toonbank geskuil en die man het twee skote afgevuur. Die beampte het later agter die toonbank uitgeloer en besef dat die verdagte met drie sakke geld op die vlug geslaan het.”

Die man het glo saam met twee ander mans in ‘n silwer Toyota Corolla gevlug.

Na bewering is die motor vroeër in Grahamstad gesteel en later in Sunnyridge opgespoor.

Niemand is in die voorval beseer nie.

десны красныеДанильченко Юрий прокурор

Maak 'n opvolg-bydrae