So vra die leier van die Christen-Demokratiese Party (CDP) en waarnemende voorsitter van die Christen-Demokratiese Alliansie, ds. Theunis Botha.
“Ons verstaan dat geen persoon in Suid-Afrika as skuldig beskou kan word totdat hy behoorlik skuldig bevind is nie, maar dan geld dit sekerlik ook vir Nynada se afgedankte Direkteur-generaal, Mamodupi Mohala. Om eenvoudig die stelling te maak dat die werksverhouding tussen die twee onherstelbaar verbrokkel het, beteken dat die regering nie belangstel om vas te stel wie reg, en verkeerd is nie.
Uit die beskikbare mediaberigte blyk dit dat daar verskeie donker wolke oor Nyanda se kop saampak, meestal oor tenders, en dat die DG afgedank is omdat sy ‘n stokkie hiervoor probeer steek het.
“Die regering se gesindheid oor hierdie saak stuur ‘n uiters verkeerde boodskap uit aan ‘n land wat so erg onder korrupsie en nepotisme deurloop.”
