дровяная печь дляФільчаков Олександр Васильович
Toordokters is veilig, s? LUR
Honderde mense het die begrafnis van die 13 mense wat 'n giftige konkoksie gedrink het, naby Port Shepstone, KwaZoeloe-Natal, bygewoon ten
spyte van reënweer.

Naspers wen met Reitzvideo
Danksy die vier geskorsde studente se moeite met die Reitzvideo wat verlede jaar opslae gemaak het by die Universiteit van die Vrystaat het die Vodacom Journalist of the Year toekennings in Bloemfontein darem iets gehad om te prys.

Europa gaan rassepolitiek tegemoet
Die demografiese druk op Europa manifesteer in interessante politieke ontwikkelinge, soms selfs verbasend. Een só 'n onlangse berig handel oor die leier van Portugal se Hammerskingroep. Dié Amerikaanse wit suprematiste uit Texas, wat hulle naam te danke het aan Pink Floyd se Wall, is in lande soos Kanada, Engeland, Frankryk, Italië, Duitsland, Nederland, Hongarye, Spanje, Nieu-Seeland en Australië teenwoordig.

Mboweni reageer op Pretorius
17:08:55 Reserwebankgoewerneur Tito Mboweni het gereageer op die eis om 'n apologie wat aandeelhouer Mario Pretorius verlede maand teen hom ingedien het. In 'n prokureursbrief behou hy hom die reg voor om in die toekoms te reageer op die "aantygings" wat oor hom gemaak is.

Lekota nie meer gewild in ANC
Voormalige minster van verdediging, Terror Lekota wat ‘n onlangse ope brief aan die ANC gestuur het, is vandag deur die ANC jeugliga as ‘n sterwende perd beskou wat sy laaste skoppe na die party mik. Segsman Floyd Shivambu sê die liga wou eers nie reageer op die brief van Lekota nie, en het moeg geraak vir die man se “kinderagtige, openlike weerstand en verdraaiing” van die party se beginsels.

Weste probeer Siri? uit IAEA hou
16:31:36 Westerse lande probeer om Sirië daarvan te weerhou om 'n rotasie-sitplek op die raad van die Internasionale Atoom Energie Agentskap in te neem omdat dié Midde-Oosterse land na bewering 'n geheime kernreaktor gebou het. Die eerste besoek van IAEA-inspekteurs aan die beweerde perseel in Sirië se woestyn het egter niks opgelewer nie.

Britse maatskappye ontdek olie in Egipte
Britse oliemaatskappye Circle Oil en Premier Oil sê hulle het olie net af van die kus van Egipte ontdek in hulle Noordwes Gemsa konsessie.

ANC en DA se dubbele standaarde
Die Vryheidsfront Plus het gesê dat die ANC en DA hul aan dubbele standaarde skuldig maak deurdat twee VF Plus-raadslede vir 60 dae geskors is rakende opmerkings wat hulle gemaak het tydens 'n debat oor plek- en straatname tydens gister (Donderdag 2 Oktober) se raadsvergadering. Die twee raadslede, mnre. Cornelius Jansen van Rensburg en Conrad Beyers, het aangedui dat hulle teen die besluit gaan appelleer.

VN-helikopters skiet op Kongolese rebelle
VN helikopters het Donderdag met vuurpyle en masjiengewere op burgermaglede wat hulle aangeval het geskiet, toe hulle die lugruim oor die oostelike Ituri-provinsie van die Kongo patrolleer het.