Kaalnuus bly

Die uitsaaiklagtekommissie van Suid-Afrika (BCCSA) het Dinsdag gesê dat die kaalbas-nuusprogram wat Vrydagaande op e.tv uitgesaai word, nie uitsaaistandaarde oortree nie. “Dit is binne die gegewe gleuf vir volwasse kyktyd en gee vooraf ‘n waarskuwing sowel as ‘n ouderdomsbeperking van 18 betreffende naaktheid wat regdeur die program vertoon word,” het Shouneez Martin, woordvoerder van die

Lees verder: Kaalnuus bly

Wie gaan die ketting trek?

Iemand moet verantwoordelikheid aanvaar vir die oop toilette in Viljoenskroon in die Vrystaat, het die ANC-Jeugligaleier, Julius Malema, Dinsdag gesê. “Koppe moet rol,” het hy gesê terwyl hy ‘n oop toilet in Fallrock ondersoek het. Malema het gesê geen munisipaliteite moet oop toilette voorsien nie. Hulle moet nie eens daaraan dink nie, het hy gesê.

Lees verder: Wie gaan die ketting trek?

VF+, Mobilitate loods webwerf vir munisipale klagtes

Die Vryheidsfront Plus het vandag ‘n diens saam met Mobilitate (www.mobilitate.co.za) geloods waar inwoners munisipale probleme direk by munisipaliteite kan inhandig. Hierdie diens sal beskikbaar wees op die webwerf www.mymunisipaliteit.org.za en is bykomend tot die bestaande diens waar swak dienslewering by die Verbruikerskommissie aangemeld kan word. Hierdie diens is tekenend van die mag wat tegnologie

Lees verder: VF+, Mobilitate loods webwerf vir munisipale klagtes

Die misbruik van godsdiens vir politiek

Die ANC se Vryheidsmanifes, beter bekend as die Freedom Charter, het met die huidige verkiesing selfs nog meer aktueel geword as met vorige verkiesings. Nie alleen word gou na die manifes gegryp as beleid skynbaar ongrondwetlik is nie – iets wat al verskeie kere op hofsake uitgeloop het waar die grondwet gehandhaaf is, maar ook

Lees verder: Die misbruik van godsdiens vir politiek

Tunisië prut steeds

Polisie moes Sondag traangas gebruik om betogers uitmekaar te jaag tydens ‘n anti-regeringopstand in Tunis. Te midde groeiende geweld in die land het jeugdiges polisiestasies in vyf stede aan die brand gesteek. Sowat 200 betogers het buite die munisipale teaters en Habib Bourguiba-laan byeengedrom. Hulle het die nasionale volkslied gesing om nog ondersteuners te werf.

Lees verder: Tunisië prut steeds

Marokkane vaar die strate in

Duisende Marokkane het politiese hervorming geëis tydens ‘n optog teen geweld in Marrakesj nadat 16 mense onlangs in ‘n bomontploffing by ‘n kafee in dié stad gedood is. Die optog wat Sondag plaasgevind het, is die jongste deur die 20 Februarie-groep, wat op ‘n gereelde basis betogings vir demokrasie reël. Hierdie keer het hulle ook

Lees verder: Marokkane vaar die strate in