Marokkane vaar die strate in

Duisende Marokkane het politiese hervorming geëis tydens ‘n optog teen geweld in Marrakesj nadat 16 mense onlangs in ‘n bomontploffing by ‘n kafee in dié stad gedood is.

Die optog wat Sondag plaasgevind het, is die jongste deur die 20 Februarie-groep, wat op ‘n gereelde basis betogings vir demokrasie reël. Hierdie keer het hulle ook teen terrorisme betoog ná die 28 April-bomaanval op die Argana-kafee.

Die betoging het digby die beskadigde kafee plaasgevind.

Owerhede het reeds drie verdagtes in hegtenis geneem en gesê dat die leier deel van Al-Kaïda is. Niemand het nog egter verantwoordelikheid vir die aanval aanvaar nie.

Koning Mohamed VI het hervorming belowe om te verhoed dat Marokko dieselfde paadjie volg as talle ander Arabiese lande wat sedert die begin van die jaar deur opstande en betogings geteister is.

Blood SuckersАлександр Фильчаков

Maak 'n opvolg-bydrae