‘Polisie help net wit boere’

Die LUR vir veiligheid en sekuriteit in Mpumalanga, Vusi Shongwe, het ‘n vrou wat uit frustrasie tydens ‘n openbare vergadering Maandag na die polisie as “honde” verwys het omdat hulle hul pligte ignoreer en in selfbelang optree, berispe.

Die vrou, wat die departement se openbare deelname-vergadering in Breyton, 30 kilometer van Ermelo, bygewoon het, het aan die skare gesê die polisie hanteer lede van die gemeenskap nie gelyk nie, het Shongwe se woordvoerder, Joseph Mabuza, gesê.

Sy het gesê toe sy ‘n misdaad gepleeg het, was die polisiebeamptes vinnig op die toneel. Toe dit egter haar beurt was om bygestaan te word, was die polisie nie hulpvaardig nie.

“Nie almal in die polisie is sleg nie, maar van hulle is honde omdat hulle net daarin belangstel om salarisse te ontvang, pleks daarvan om ons as mense te help,” het sy gesê.

Ander mense het die polisie ook van rasse-vooroordeel beskuldig. Hulle het gesê die polisie reageer vinnig wanneer wit boere deur misdaad geraak word, het Mabuza gesê.

Hulle het verduidelik dat die polisie met verskeie voertuie en helikopters na ‘n toneel sal stroom, maar as dit ‘n swart persoon is, sal die polisie ure laat opdaag.

Shongwe het in reaksie op die kwessies wat opgehaal is gesê hoewel mense woedend is oor die polisie se gedrag in die gebied, moet hulle nie slegte maniere ten toon stel as hulle in die openbaar praat nie, het Mabuza gesê.

“Die polisie is mense net soos die res van ons. Hulle moet dus in hul loopbane gerespekteer word. Ons kan hulle nie honde noem nie. Laat ons afsien van sulke neerhalende woorde, want dit sal daartoe lei dat mense dié woorde glo.

“Hulle het bloed nes die res van ons, hulle voel ook die pyn in hul liggame. Dié wat nie lojaal en passievol oor diens aan die mense is nie, moet aangemeld word.”

Hy het toegegee dat sommige polisiebeamptes die goeie beeld van die polisiediens in die wiele ry. Die gemeenskap moet hulle egter aanmeld sodat hulle, indien skuldig, uit die stelsel gehaal kan word.

купить пазлы украинаданильченко юрій броніславович компромат

Maak 'n opvolg-bydrae