‘n Taxibestuurder en 2 ander mense is Dinsdagmiddag geskiet en gewond in Breëstraat in sentraal-Johannesburg, het polisie gesê. Kaptein William Mpondo het gesê dit het gevolg na ‘n argument tussen 2 taxibestuurders omtrent 1uur die middag. Hy kon nie spesifiseer aan watter taxiverenigings die twee bestuurders behoort het nie. “Een van die taxibestuurders het gedurende
Jong Swartes meer lus om te stem
Jong swart volwassenes blyk meer lus te wees om te gaan stem in die opkomende verkiesing as hulle wit, kleurling- en Indiër- landgenote, volgens ‘n ondersoek deur die Raad vir Geesteswetenskaplike Navorsing (RGN) wat Dinsdag bekendgestel is. “Die grootste verskil in die besluit om te stem is tussen die jong Swart respondente van ouderdomsgroep 19
Vigs maai onder Afrikapolitici
Vigs laat so baie politici in Afrika sterf dat hulle dood die vermoë van regerings om behoorlik te kan werk bedreig, het ‘n navorser Dinsdag gesê. Kondwani Chirambo, die hoofskrywer van ‘n nuwe studie oor sterftes onder plaaslike raadslede in Suid-Afrika, het aan AFP gesê dat hy 6 ander lande bestudeer het waar die onnatuurlike
Westerse dissipline lei tot brandstigting
Kinders wat nie meer gedissiplineer word in Oeganda nie, weens ‘n verbod van die regering op lyfstraf, het 92 skole in die land afgebrand, het die polisie beweer. Woordvoerder vir die polisie se kriminele ondersoekeenheid, Fred Enanga het gesê dat ‘n epidemie van brandstigting oor die laaste 12 maande die werk was van studente wat
Grondregtegroep verwerp regering se hervormingsbeleid
‘n Grondregtegroep het minister van grondsake, Lulu Xingwana se “gebruik dit of verloor dit” houding jeens grondhervorming verwerp. Die-Reg-tot-Agrariese-Hervorming-vir-Voedselsoewereiniteit-Veldtog het Dinsdag ‘n onmiddellike staking geëis van die proses om grond terug te neem van histories agtergeblewe boere. Dit het in ‘n verklaring gesê dat dit die markgerigte grondhervormingsbeleid is wat verantwoordelik is vir die mislukkings,
Lees verder: Grondregtegroep verwerp regering se hervormingsbeleid
Misdaad kos Suid-Afrika miljarde
Die vier misdade wat die hoogste verdienste het in Suid-Afrika kos die slagoffers ‘n geskatte R110,5 miljard per jaar, het ‘n kenner by die instituut vir sekerheidstudies (ISS) Dinsdag gesê. Charles Goredema, hoof van die georganiseerde misdaad en geldwassery program by die ISS wat gepraat het by ‘n konferensie in Johannesburg, het gesê die vier
Waarom wil die ANC wettige vuurwapeneienaars ontwapen?
Die uitspraak van mnr. Pieter Groenewald van die Vryheidsfront Plus oor die chaos wat by die vuurwapenregister heers, plaas die ANC-bewind se angsvallige pogings om wettige vuurwapeneienaars te ontwapen in perspektief.

Lees verder: Waarom wil die ANC wettige vuurwapeneienaars ontwapen?
Vuurwapenregister in chaos – afsnydatum onrealisties
Die minister van Veiligheid en Sekuriteit, mnr. Nathi Mthethwa, het die nuutste syfers vir aansoeke om die herlisensiëring van vuurwapens ingevolge die nuwe Wet op die Beheer van Vuurwapens (Vuurwapenwet), bekend gestel. Hy het geantwoord op ‘n skriftelike vraag van mnr. Pieter Groenewald (LP) van die Vryheidsfront Plus in die parlement. Volgens die antwoord van die minister is daar vanaf 2004 tot einde Januarie 2009 slegs 604 928 aansoeke vir bevoegdheidsertifikate en 881 136 hernuwingsaansoeke vir vuurwapenlisensies, ontvang. Die tydperk vir aansoeke verstryk op 31 Maart 2009. In Suid-Afrika is daar ongeveer 2 miljoen vuurwapeneienaars wat elk ‘n bevoegdheidsertifikaat moet kry en ongeveer 4 miljoen vuurwapens wat geherlisensieer moet word voor 30 Junie 2009.

Lees verder: Vuurwapenregister in chaos – afsnydatum onrealisties
Regter Mothata gevra om te verduidelik
Die regter wat van dronkbestuur beskuldig word, John Motata is Maandag in die hof gevra om te verduidelik waarom sy 2de stel prokureurs besluit het om van die saak te onttrek. “Ek is nie in ‘n posisie om dit bekend te maak nie. Dit bly vertroulik,” het die Pretoriase hoërhof regter aan ‘n sigbaar vieserige
Islamitiese ekstremis kry polisiebeskerming
‘n Islamitiese ekstremis wat Britse soldate beledig het gedurende ‘n tuiskomsparade het verdere woede veroorsaak nadat hy onder 24-uur polisiebeskerming geplaas is. Yousaf Bashir was deel van die bende wat beledigings geslinger het na 200 lede van die Royal Anglican Regiment terwyl hulle deur Luton marsjeer het verlede Dinsdag na ‘n 2de dienstermyn in Irak.