SA se geloof in vrye media daal skerp

‘n Onafhanklike navorsingsgroep sê ses uit elke 10 Suid-Afrikaners is tevrede met ons land se styl van demokrasie, maar geloof in ‘n vrye media het skerp gedaal. “Persoonlike tevredenheid” oor die land se demokrasie het van 49 persent in 2008 tot 60 persent in 2011 gestyg, volgens ‘n peiling deur die Afrikakontinent se Afrobarometer-navorsingsgroep. Afrobarometer

Lees verder: SA se geloof in vrye media daal skerp

E-tol: Vervolging moontlik onwettig

Die Vryheidsfront Plus vind die intimidasie-taktiek wat deur SANRAL en die regering gevolg word om motoriste te dwing om e-skyfies te koop en te betaal vir die tolstelsel as onsmaaklik en kontraproduktief deur onder andere te dreig dat voertuiglisensies teruggehou sal word totdat skuld betaal is. Die hele stelsel is alreeds gehul in kontroversie en

Lees verder: E-tol: Vervolging moontlik onwettig

Polisie meen wit vrou moet verkragting aanvaar

‘n Middeljarige blanke vrou uit ‘n bekende Suid-Kaapse familie is Saterdagaand deur ‘n kleurlingman verkrag. Die man het haar in haar huis in die Klein Brak-omgewing oorval. Toe sy ‘n klag by die polisie lê, het die blanke ondersoekbeampte aan haar gesê: “Mevrou, ek weet dat u ontsteld is, maar omdat dit ‘n geval van

Lees verder: Polisie meen wit vrou moet verkragting aanvaar

Transnet vermors geld terwyl sy pensioenarisse ly

Die Vryheidsfront Plus vind dit skokkend dat Transnet R8,3 miljard verloor het weens ‘n gebrek aan interne beheer terwyl die pensioenarisse wat Transnet help opbou het in armoede moet leef. “Indien Transnet behoorlike interne maatreëls toegepas het, soos statutêr vereis word, sou die vermorsing nie plaasgevind het nie en kon R2 miljard daarvan aangewend gewees

Lees verder: Transnet vermors geld terwyl sy pensioenarisse ly

Duur olie, duur petrol

Oliepryse is nou hoër as wat dit ooit was – behalwe vir ‘n paar benoude oomblikke voor die globale ekonomiese ineenstorting van 2008. Oliemaatskappye waarsku verbruikers dat hulle maar gewoond moet raak daaraan. Onmiddellike faktore dra by tot hierdie opwaartse druk, ook Iran se dreigemente om die Persiese Golf-roete af te sny, vrese vir ‘n

Lees verder: Duur olie, duur petrol

SA wil rug draai op Iranse olie

Die departement van energiesake is op soek na maniere om Iranse ru-olie, wat ‘n kwart van die land se ru-invoere behels, te vervang, is Woensdag berig. “Ons het tot die einde van Mei om met alternatiewe vorendag te kom, en ons is in gesprek met almal, insluitende Iran,” het die minister van energie, Dipuo Peters

Lees verder: SA wil rug draai op Iranse olie

ANC neem beheer, renosterstroper gevonnis

‘n Wildboer van Limpopo is vir agt jaar gevonnis vir sy betrokkenheid in renosterstropery, is Woensdag berig. Jaques Els, (39) van Thabazimbi, is ook deur die Makhado-landdroshof Maandag beveel om die Groen Skerpioene R1 miljoen te betaal , het Beeld berig. Els is intussen op borgtog van R300 000 vrygelaat, in afwagting van sy voorneme

Lees verder: ANC neem beheer, renosterstroper gevonnis

Myn buig voor swart ‘verinheemsing’

Zimbabwe se grootste platinum-produsent, Impala Platinum, sê hulle het ‘n “aanvaarbare” ooreenkoms met die regering bereik en sal ‘n meerderheidsaandeel aan plaaslike swart beleggers oordra om hulle ‘n 51%-aandeel in eienaarskap te gee. Volgens RSG is die transaksie R2 miljard werd. In ‘n verklaring Dinsdag van Suid-Afrika se Implats, sê hulle die regering het ingestem

Lees verder: Myn buig voor swart ‘verinheemsing’