SA se geloof in vrye media daal skerp

‘n Onafhanklike navorsingsgroep sê ses uit elke 10 Suid-Afrikaners is tevrede met ons land se styl van demokrasie, maar geloof in ‘n vrye media het skerp gedaal.

“Persoonlike tevredenheid” oor die land se demokrasie het van 49 persent in 2008 tot 60 persent in 2011 gestyg, volgens ‘n peiling deur die Afrikakontinent se Afrobarometer-navorsingsgroep.

Afrobarometer het Woensdag gesê hulle resultate van laat 2011 se meningspeiling is 95 persent akkuraat, met ‘n 2% foutmarge.

Die voorgestelde mediawette twee dekades na die einde van die apartheidera het ‘n “aansienlike” verskuiwing in die land se siening oor mediavryheid tot gevolg gehad. Op die oomblik glo slegs 61 persent van Suid-Afrikaners dat die media moet publiseer sonder beheer van die regering, in vergelyking met byna 80 persent in 2008.

Лобановский

Maak 'n opvolg-bydrae