Godsdienstiges sien rooi oor bul

Vervaardigers van die energiedrankie Red Bull het Woensdag gesê ‘n advertensie in Suid-Afrika is van die lug af gehaal nadat beide Christene en Moslems beswaar gemaak het oor die uitbeelding van Jesus Christus wat op water loop.

Suid-Afrika se Rooms-Katolieke biskoppe het ‘n beroep op Christene gedoen om nie Red Bull te drink tydens die tradisionele vas vir Paasvieringe voor volgende maand nie. Hulle het egter nie ‘n volle kommersiële boikot gevra nie.

Die televisie-advertensie wys Jesus wat op water loop omdat hy verfris is deur ‘n wonderbaarlike energiedrankie en weet waar om te trap om op versteekte rotse te loop.

Suid-Afrika se Moslemraad het Woensdag gewaarsku oor die gevolge van “sekulêre ekstremisme” teen enige godsdienstige geloof.

Daar word gesê dat ‘n “belediging en satire” van Jesus “die fondament van die Islamitiese teologie” aantas.

Christus is ‘n gerespekteerde profeet in Islam.

In ‘n boodskap aan Kardinaal Wilfrid Napier, hoof van die Suider-Afrika Rooms-Katolieke Biskoppekonferensie, het die Moslemraad gesê die advertensie is ‘n aanval op die Christendom, Islam en godsdiens as ‘n geheel.

“Ons wil hê dat ons stemme verenig word om duidelik te maak aan enige sekulêre ekstremistiese aanval of skending van godsdienstige simbole en heilige ruimtes nie aanvaarbaar is nie,” het die raad gesê.

Kardinaal Napier het vroeër ‘n beroep op Rooms-Katolieke gedoen om enige geld wat hulle spaar aan Red Bull, te skenk aan liefdadigheid gedurende Lydenstyd.

In ‘n verklaring, het die vervaardiger gesê sy humoristiese advertensies kyk altyd na “bekende temas.”

“Dit was nooit ons bedoeling om iemand se gevoelens seer te maak nie,” het hulle gesê.

Die advertensie is Dinsdag uitgesaai en Woensdag afgehaal.

Spotprenttekeninge van Islam se profeet Mohamed het gewelddadige betogings in Europa en oor die Moslemwêreld tot gevolg gehad.

“Daar is ‘n behoefte aan ‘n nuwe sensitiwiteit teenoor mense se oortuigings,” sê Chris Townsend, ‘n amptenaar van die Biskoppekonferensie in Suid-Afrika.

“Soos by hierdie geleentheid, het mense baie diep aanstoot geneem,” het Townsend gesê.

Фильчаков Александр Васильевич

Maak 'n opvolg-bydrae