Diensleweringsgeweld in suide van Johannesburg

Die polisie sê die situasie in die Thembelihle plakkerskamp naby Lenasia suid van Johannesburg is glo weer kalm en onder beheer. Inwoners eers gedreig om weer te betoog nadat hulle vroeër die strate ingevaar het uit protes teen ‘n gebrek aan dienslewering in die gebied. Die polisie moes rubberkoeëls gebruik om inwoners uiteen te jaag,

Lees verder: Diensleweringsgeweld in suide van Johannesburg

Zuma knip Franse besoek kort

President Jacob is in Mauritanië waar hy hom sal aansluit by die ander lede van die paneel van die Afrika Unie wat die geskil na die verkiesing in die Ivoorkus moet probeer oplos. Zuma moes vroeër sy toespraak by die Franse Instituut vir Internasionale Betrekkinge in Parys kortknip na kommer oor veiligheid. Dit het na

Lees verder: Zuma knip Franse besoek kort

Polisie ondersoek klopjag op OB

Die polisie gaan ‘n klopjag wat op die kantoor van die Openbare Beskermer uitgevoer is ondersoek, het ‘n woordvoerder Donderdag gesê. “Ons veroordeel die klopjag en dit was nie goedgekeur nie,” het kol. McIntosh Polela, polisiewoordvoerder, gesê. Genl. Bheki Cele se kantoor het ook die voorval veroordeel. Polela het gesê die klopjag is Woensdagaand op

Lees verder: Polisie ondersoek klopjag op OB

Registreer!

Die VF Plus verwelkom adjunkpresident Motlanthe se aankondiging van die datum vir die plaaslike regeringsverkiesing as 18 Mei 2011. “Dit is baie goed dat daar nou duidelikheid rondom die datum vir die verkiesing bestaan. Sodoende kan politieke partye, die kieserspubliek en die OVK voldoende voorbereidings tref vir die belangrike komende verkiesing,” het dr. Pieter Mulder,

Lees verder: Registreer!

Ope brief aan Trevor Manuel

In ‘n absurde stuk hoogheilige politiekery het u, minister Trevor Manuel, in ‘n ope brief kwansuis luidkeels protes aangeteken teen die ou-ou rassisme van die ANC-regime, wat bloot opnuut na die oppervlak gekom het met die aartsrassis, Jimmy Manyi, se gewraakte uitlatings teenoor bruines. Ek kan dié belaglike uitlatings in u skrywe verwoord egter hoegenaamd

Lees verder: Ope brief aan Trevor Manuel

‘n ‘Hendrik Verwoerd-rassis’

Die Demokratiese Alliansie (DA) het Woensdag ‘n nuwe opname bekendgestel waarin die omstrede Jimmy Manyi, regeringswoorvoerder, glo uitvaar teen Indiërs in Suid-Afrika. “Die DA sal ‘n opname in DVD-formaat aan joernaliste verskaf waarin Manyi nóg ‘n rassistiese opmerking maak, hierdie keer teenoor Indiërs in Suid-Afrika,” het die party gesê. Nuus24 het ‘n opname van Manyi

Lees verder: ‘n ‘Hendrik Verwoerd-rassis’

Moslemsaanval in Duitsland eis twee

Twee mense is dood en twee is beseer, ten minste een kritiek, in ‘n skietaanval op Amerikaanse militêre personeel by Frankfurt Internasionale Lughawe in Duitsland. Die aanval het omstreeks twintig oor drie op 2 Maart plaasgevind. Volgens nuusverslae, het ‘n gewapende aanvaller aan boord van ‘n Amerikaanse militêre bus wat by die ingang van Terminaal

Lees verder: Moslemsaanval in Duitsland eis twee