Dit is waarskynlik dat die jaar ook 'n moeilike een gaan wees vir die rand, het Rand-aksepbank Donderdag gesê. "Die huidige tekort op die lopende rekening sal aanhou en befondsing raak al hoe moeiliker," het RAB se valutanavorsingspan gesê. "Ons kyk na 'n USD/ZAR 10,50 teen die einde van die jaar, maar met wisselvallige verhandeling
Vrystaatse bordeelhotel toegemaak
'n Hotel wat beskou was as 'n nes van prostitusie en dwelmhandel in Bloemfontein is Donderdag in 'n klopjag deursoek en toegemaak, het die Vrystaatse polisie gesê. Kaptein Magda Muller het gesê die sluiting van die Maitlandhotel het gekom nadat die minister van veiligheid en sekuriteit, Nathi Mthethwa, Bloemfontein Donderdag besoek het en deel uitgemaak
Swak spooroorgange vir sterftes geblameer
Spooroorgang Die land se onveilige gelyk spooroorgange is verantwoordelik vir die onlagse vlaag sterftes van verskeie voetgangers en motoriste, het die vakunie Fedusa Donderdag gesê. "Dit is totaal onaanvaarbaar dat menselewens so gering geag word dat daar geen onderhoud en opgradering gedoen word van die infrastruktuur in ons land nie," het Fedusa se woordvoerder, Dennis
Massmart maak toename in verkope bekend
Vir die 26 weke tot 28 Desember 2008 het Massmart se totale verkope toegeneem met 13,2% teenoor die vorige periode. Die toename was R22,8 miljard, het die genoteerde handelaar Donderdag bekend gemaak. Dit was met 'n inflasiekoers oor die afgelope 12 maande wat geskat is op 9,9%, het die groep gesê. Vergelykende winkelverkope het met
Nkunda se afsetting sal vredespogings versterk, s? mededinger
'n Bevelvoerder wat beweer het dat hy Laurent Nkunda as leier van die rebelle in die ooste van die DRK omvergewerp het, het Donderdag gesê die skuif sal die vredesproses in die omgewing aanhelp. "Die voorsitter is omvergewerp, maar die NKVM bly soos dit is," het Bosco Ntaganda aan 'n perskonferensie gesê wat georganiseer is
Lees verder: Nkunda se afsetting sal vredespogings versterk, s? mededinger
Tradisionele armbandvoorval ‘rassisties’, volgens ANC-vroueliga
Die voorval waarin 'n tradisionele Zoeloe-armband na bewering van 'n werknemer afgehaal is deur die bestuurder van die Vryheid-tak van die handelsgroep Pick 'n Pay, word deur die ANC se vroueliga as "rassisties" beskou. Die organisasie se sekretaris, Nonhlanhla Khoza, het Donderdag gereageer op 'n koerantberig waarvolgens die werknemer se armband deur haar bestuurder afgesny
Lees verder: Tradisionele armbandvoorval ‘rassisties’, volgens ANC-vroueliga
Ses dood in ongeluk naby Brandfort
Ses mense is dood toe 'n bakkie 'n kop-aan-kopongeluk gehad het met 'n Intercape-bus naby Brandfort, het die Vrystaatse polisie Donderdag gesê. Die ongeluk het om 09:00 gebeur toe 'n derde voertuig die bakkie, wat nege passasiers gedra het, verbygesteek het, het kaptein Magda Muller gesê. Die bakkie het beheer verloor toe die ander voertuig
MTN-Verizon-samesmelting goedgekeur
Die samesmelting tussen MTN en Verizon is goedgekeur deur die mededingingstribunaal, het 'n woordvoerder wat anoniem wou bly Donderdag gesê. Sy het gesê dat 'n verklaring later in die dag deur die tribunaal uitgereik sou word. In terme van die samesmeltingstransaksie tussen MTN en Verizon, het die IT maatskappy Verizon European Holdings sy belange in
Pretoriase burgemeester besoek familie van doodgeskokte kind
Eskom-advertensie teen onwettige verbindings Arm huishoudings moet van geleenthede gebruikmaak wat die regering daarstel om ongelukke soos die tragiese dood van 'n 2-jarige seun in Atteridgeville te vermy, het Pretoria se burgemeester, Gwen Ramokgopa, Donderdag gesê. In 'n verklaring het die stad gesê Ramokgopa het die familie van Mduduzi Buthelezi Donderdag besoek nadat hy Saterdagaand
Lees verder: Pretoriase burgemeester besoek familie van doodgeskokte kind
Pick ‘n Pay ‘nie teleurgesteld’ met Kersverkope
Winkelgangers by Pick ‘n Pay Pick 'n Pay was nie teleurgesteld met sy feestydverkope nie, het die maatskappy Donderdag gesê. "Ons was voorbereid vir goeie verkope gedurende die feesgety en was nie teleurgesteld nie, kliënte het ook verbasende vasbyt getoon, selfs onder moeilike ekonomiese tye en verkoopsyfers het geskatte voorspellings oortref," het Dennis Cope, die
Lees verder: Pick ‘n Pay ‘nie teleurgesteld’ met Kersverkope
