Ses mense is dood toe 'n bakkie 'n kop-aan-kopongeluk gehad het met 'n Intercape-bus naby Brandfort, het die Vrystaatse polisie Donderdag gesê.
Die ongeluk het om 09:00 gebeur toe 'n derde voertuig die bakkie, wat nege passasiers gedra het, verbygesteek het, het kaptein Magda Muller gesê.
Die bakkie het beheer verloor toe die ander voertuig hom verbygesteek het.
Daar was 'n getuie wat die insident gesien het, maar dit is nog nie duidelik hoe die bakkie beheer verloor het nie.
Die bestuurder van die bakkie ('n man van 47) en vyf van sy passasiers is dood. Nog drie van hulle is na die Pelonomi-hospitaal in Bloemfontein geneem.
Die bestuurder van die bus, Gregory Henefore, van Port Elizabeth is ook ernstig beseer en is na die Mediclinic in Bloemfontein geneem.
Die bakke was op reis in die rigting van Theunissen en die Intercape-bus in die rigting van Brandfort.
