Tradisionele armbandvoorval ‘rassisties’, volgens ANC-vroueliga

Die voorval waarin 'n tradisionele Zoeloe-armband na bewering van 'n werknemer afgehaal is deur die bestuurder van die Vryheid-tak van die handelsgroep Pick 'n Pay, word deur die ANC se vroueliga as "rassisties" beskou.

Die organisasie se sekretaris, Nonhlanhla Khoza, het Donderdag gereageer op 'n koerantberig waarvolgens die werknemer se armband deur haar bestuurder afgesny is.

Sy het gesê selfs al word redes van "higiëne" voorgehou, glo die liga dat "die insident deur rassisme en onverdraagsaamheid vir die kultuur van swartmense  gemotiveer is".

Pick 'n Pay-woordvoerder, Tamra Veley, het aan Sapa gesê die insident was 'n misverstand en dat dit uit verband geruk is.

Sy het gesê die vrou het 'n armband wat van diervel gemaak was gedra het en is gevra om dit te verwyder wanneer sy met kos werk, aangesien dit onhigiënies was.

Khoza het egter gesê dit is 'n flou verskoning en dat die verwydering van so 'n armband in die Afrikakultuur 'n "sonde" was.

Die Progressiewe vrouebeweging van Suid-Afrika het gesê dat hulle ook ongelukkig was oor die insident en het dit as "laster" beskou.

Woordvoerder Weziwe Thusi het gesê dit was 'n teken dat sommige mans steeds geen respek het vir vroue nie.

"Die optrede is ook in teenstelling met die land se grondwet, wat alle gelowe as gelyk beskou en beskerming en respek waarborg. Dit maak die bestuurder se beweerde optrede lasterlik," het sy gesê.

Veley het gesê dat indien die insident enige iemand geaffronteer het, hulle om verskoning vra.

Die handelaar sou binnekort 'n verklaring vrystel.  

справка 086 у купитьФильчаков

Maak 'n opvolg-bydrae