Malema is terug, met hare

Beleërde ANC-jeugliga president Julius Malema en sy belangrike bondgenoot, Cassel Mathale, het die eerste ronde gewen in wat waarskynlik ‘n bitter stryd gaan wees in Mangaung. Mathale is Sondag herverkies is tot provinsiale voorsitter van Limpopo. Die ANC in Limpopo se verkiesingskonferensie gaan Maandag voort, met die verkiesing van 20 provinsiale uitvoerende komitee-lede. Die konferensie

Lees verder: Malema is terug, met hare

Tsjegge rou oor Havel

Huldeblyke stroom van regdeur die wêreld in vir die ontslape Tsjeggiese-leier, Waslaf Havel wat gister oorlede is. Hy was onder meer bekend vir sy ‘Fluweel-rewolusie’ wat in 1989 tot die einde van Sowjet-kommunisme in die destydse Tsjeggo-Slowakye gelei het. Amerika se president Barack Obama het Havel geloof vir wat hy genoem het, sy vreedsame weerstand

Lees verder: Tsjegge rou oor Havel

Hollandse koerante in die Kaapkolonie

Baie Kaapse Afrikaners was omstreeks 1855 nog onverskillig teenoor die politiek en die verontregting van hul taal. Die Engelssprekendes wat aktief was in die politiek, was bang dat die Afrikaners hulle sou oorheers. So was baie Engelssprekende liberale in die westelike distrikte gekant teen die bepaling dat alle mans kon stem, mits hulle eiendom van

Lees verder: Hollandse koerante in die Kaapkolonie

Identiteitsoorlog en geskiedenis

Twee dae gelede is Geloftedag gevier, met die verskil dat ‘n pad tussen die ANC se Vryheidsmonument en die Voortrekkermonument deur president Jaco Zuma geopen is, kwansuis om die “versoening” tussen die Afrikaner en die ANC-alliansie te simboliseer. Met die afskaffing van Republiekdag op 31 Mei, het 16 Desember die belangrikste Afrikaner- patriotiese dag geword,

Lees verder: Identiteitsoorlog en geskiedenis

Goeie en slegte ‘geluk’

Die Noorweërs weet al lank dat die Engelssprekende wêreld die afgelope 100 jaar weier om te erken dat Roald Amundsen die grootste van die poolontdekkingsreisigers was. ‘n Eeu nadat hy die Suidpool vir die eerste keer oorwin het, is daar nog ander eerste plekke wat Amundsen se teenstanders ontken. Roald Engelbregt Gravning Amundsen, is gebore

Lees verder: Goeie en slegte ‘geluk’

Vliegtuig tref kar, 2 sterf

Twee mans is dood toe die ligte vliegtuig waarmee hulle gevlieg het Woensdagaand op die R55 in Pretoria neergestort het, het die polisie in Gauteng gesê. Die vliegtuig het kort voor 19:00 naby die Zwartkop-renbaan neergestort. Een ooggetuie het gesê, “die vliegtuig het in die middel van die pad geland en die motor voor my

Lees verder: Vliegtuig tref kar, 2 sterf

Media spioeneer op Mandela

Internasionale nuusagentskappe – danksy die gebruik van versteekte kameras – spioeneer al jare lank op voormalige president Nelson Mandela se huis. Hierdie week het ‘n spesiale polisietaakmag op Mandela se huis in Qunu  toegesak om ondersoek na die sekuriteitsprobleem in te stel. Minstens drie CCTV-kameras is reeds ses jaar lank by die huis van stamkaptein

Lees verder: Media spioeneer op Mandela

EU het bedenkinge oor miljoen ongetelde stemme in DRK

Verkiesingswaarnemers van die Europese Unie in die Demokratiese Republiek van die Kongo (DRK) het die onlangse verkiesingsproses in dié land skerp gekritiseer. “Die Europese Unie se verkiesingswaarnemingsending dink die gebrek aan deursigtigheid en die onreëlmatighede tydens die insameling, samestelling en publikasie van die verkiesing se uitslag is betreurenswaardig,” het die sending in ‘n verklaring oor

Lees verder: EU het bedenkinge oor miljoen ongetelde stemme in DRK

DA wil dwelmhandelaars se regte beskerm

Die DA het ‘n beroep op die minister van internasionale betrekkinge, Maite Nkoana-Mashabane, gedoen om te verseker dat Nolubabalo Nobanda se regte in die tronk in Thailand beskerm word, het RSG Woensdag berig. Nobanda is vroeër die week in hegtenis geneem nadat sy kokaïne in haar rastalokke die land ingesmokkel het. Die DA sê hy

Lees verder: DA wil dwelmhandelaars se regte beskerm