Hierdie week het ‘n spesiale polisietaakmag op Mandela se huis in Qunu toegesak om ondersoek na die sekuriteitsprobleem in te stel.
Minstens drie CCTV-kameras is reeds ses jaar lank by die huis van stamkaptein Nokwanele Balizulu geïnstalleer vir die Amerikaanse nuusagentskap Associated Press asook Brittanje se Reuters om hulle ‘n blik te bied op Mandela se huis.
Balizulu – wat direk oorkant Mandela woon – het bevestig dat sy die nuusagentskappe toestemming gegee het om die kameras te installeer, maar wou nie erken dat sy betaal word daarvoor nie.
“Ek het ingestem om die kameras daar te laat plaas, maar ek gaan nie enige iets verder sê nie,” het Balizulu gesê.
The Times het vasgestel dat die laaste oorblywende kameras aan Reuters behoort. Dit is deur die polisie se taakspan verwyder.
Die span staan onder leiding van brigadier Gary McClaren van Oos-Londen. Hy word bygestaan deur die BBP-eenheid van die Mthathabevelvoerder, ‘n kaptein Sipika, wat verantwoordelik is vir die veiligheid rondom Mandela se huis. Die span bestaan ook uit spesiale sekuriteiteenheidbeamptes van Pretoria en die plaaslike hoofmanne.
“Dit was ‘n sekuriteitsrisiko vir utata [Mandela] en ons kan dit nie toelaat nie. Dit wat hulle [AP en Reuters] doen is nie reg nie. Hulle moet hom in vrede laat,” sê ‘n bron vertroud met die kwessie.
AP woordvoerder Paul Colford het gesê: “Die AP-kameras is nie aangeskakel nie en sal slegs gebruik word in die geval.. van ‘n groot storie, oor die voormalige president [se heengaan].”
Colford het bygevoeg: “Ons het soortgelyke paraatheid buite die Vatikaan wat voorlê van Pous Johannes Paulus II se dood”.
Marius Bosch, polisiehoof vir Reuters Suider-Afrika, het versoeke vir kommentaar na die groep se openbarebetrekkingebestuurder in Londen verwys, wat nie bereik kon word nie.
AP het glo twee kameras geïnstalleer op Balizulu se eiendom sowat ses jaar gelede. Die agentskap het ook ‘n televisie-ateljee in een van die eiendomme in die dorp opgerig.
Reuters het ‘n kamera geïnstalleer sowat twee maande gelede, op Balizulu se eiendom.
Een van die plaaslike hoofmanne het gesê AP stuur gereeld tegnici na die gebied om te toets of sy kameras ten volle funksioneel is. Op voorwaarde van anonimiteit het hy gesê dat alhoewel die plaaslike bevolking, insluitend Mandela se kleinseun oor hulle bestaan geweet het, is geen aksie ooit geneem nie.
Mandela se gesondheid is die onderwerp van intense belangstelling vir beide plaaslike en internasionale nuusorganisasies.
