praag.co.za

Malema is terug, met hare

Written by

in

Beleërde ANC-jeugliga president Julius Malema en sy belangrike bondgenoot, Cassel Mathale, het die eerste ronde gewen in wat waarskynlik ‘n bitter stryd gaan wees in Mangaung.

Mathale is Sondag herverkies is tot provinsiale voorsitter van Limpopo.

Die ANC in Limpopo se verkiesingskonferensie gaan Maandag voort, met die verkiesing van 20 provinsiale uitvoerende komitee-lede.

Die konferensie vind op die Universiteit van Limpopo se Turfloop-kampus plaas.

Na verwagting sal Julius Malema benoem word as addisionele lid tot die uitvoerende komitee. Malema is ‘n vertroueling van premier Cassel Mathale.

Mathale het adjunk-minister van kuns en kultuur Joe Phaahla, met 82 stemme geklop om sy posisie te behou. Hy het 601 stemme; Phaahla 519.

Hy sal die provinsie vir die volgende drie jaar sal lei, ten spyte van verskeie oproepe vir sy bedanking uit in die provinsie deur die vakbond Cosatu en die SA Kommunistiese Party – vennote in die drieparty-alliansie van die ANC – en sakelui.

Mathale se oorwinning sal Malema se posisie versterk. Die jeugligaleier se bekende kaalgeskeerde kop het Sondag plek gemaak vir hare.

Malema het in die openbaar ‘n veldtog teen Zuma voortgesit om deur sy adjunk, Kgalema Motlanthe, opgevolg te word by die party se leierskapskonferensie volgende jaar.

Ondersteuners van Mathale het Zuma by wyse van sang Saterdag gespot, en het verwys na hom as die “stortmens wat in Mangaung vervang moet word.”

Malema het die sang gelei met lirieke wat lui: “die stortmens gee ons ‘n harde tyd” terwyl hy stortkop gebare bo sy kop gemaak het.

Ondersteuners van Mathale, gelei deur Malema, het na hulleself verwys as batho ba Mathale [Mathale se mense].

Die ANC se Vroueliga het gesê hulle is tevrede met die verkiesingsuitslae.

Die polisie het bevestig dat ‘n vryskutjoernalis, Chester Makana, tydens die konferensie teen die kop met ‘n baksteen getref is. Makana het glo ondersoek ingestel na verkiesingsongerymdhede.

 

Фильчаков прокурор харьков

Comments

Leave a Reply