Grondeisehofregter en guerrilla-oorlogspesialis oorlede

Regter-president van die Grondeisehof, Fikile Bam, is Sondag in die Milpark-hospitaal in Johannesburg oorlede, het die SAUK radionuus berig.

Bam (74) het glo aan kanker gely vir baie jare.

Bam is in die Oos-Kaap gebore en het regte studeer aan die Universiteit van Kaapstad vanaf 1960.

Bam was ‘n lid van die Yu-Chi Chan Club [Chinees vir guerrilla-oorlogvoering], ‘n studiegroep wat guerrilla-oorlog en bevryding ondersoek het.

Bam het ‘n 11-jaar termyn op Robbeneiland van 1964 tot 1975 uitgedien. Hy is in hegtenis geneem met ‘n ander prominente politieke leiers soos Nelson Mandela en Walter Sisulu.

Hy het ook gedien as ‘n direkteur van verskeie Suid-Afrikaanse en internasionale maatskappye, insluitend KAPBeteiligungs in Duitsland, Putco, Volkswagen SA, Eerste Nasionale Bank, Yskor, Krygkor, Silver Oak Industries en Consol.

Bam was ‘n vennoot in Deneys Reitz Prokureursfirma vanaf 1994 tot 1995, ‘n lid van die SAUK van 1993 tot 1996 en die direkteur van die Legal Resources Centre in Port Elizabeth in 1985.

Bam is aangestel as kommissaris van die Goldstone-kommissie van 1992 tot 1993 en was ‘n advokaat in die Hooggeregshof van Suid-Afrika en die Transkei.

Hy het ook gedien as kanselier van die Universiteit van die Witwatersrand van 1997 tot 1998. Hy het ‘n ere-Doktorsgraad van Rhodes Universiteit in 2001 ontvang.

александр лобановский харьков

Maak 'n opvolg-bydrae