Die Noord-Koreaanse leier, Kim Jong Il, is in die ouderdom van 69 oorlede. Die nuus van sy dood is deur die land se staatstelevisie uitgesaai.
Hy het in 2008 volgens destydse gerugte ‘n beroerte gehad, hoewel hy in foto’s en beeldmateriaal relatief gesond voorgekom het. Die leier het ‘n groot liefde vir sigare, konjak en fynproewerdisse gehad. Daar is wyd bespiegel dat hy ‘n diabeet en hartlyer was.
‘n Koreaanse nuusagentskap beweer die omstrede figuur is dood weens ‘n hartaanval, wat deur “geestelike en fisiese stres” veroorsaak is.
Sy begrafnis sal op 28 Desember in Pyongyang plaasvind.
‘n Tydperk van rou is tot 29 Desember vir die land se “dierbare leier” aangekondig, het die staatstelevisie bekendgemaak.
Leave a Reply
You must be logged in to post a comment.