Shimon Peres Die Israelse president, Shimon Peres, het Europese pogings om 'n einde aan die Gasa-konflik te bring, gestriem, en gesê Israel steur hom nie aan sy internasionale beeld nie, het sy kantoor gesê. “Europa moet sy oë oopmaak. Ons is nie in die besigheid van openbare betrekkinge of om ons beeld te verbeter nie.
Lees verder: Israel steur hulle nie aan internasionale beeld ? Peres

Leon Panetta, 'n voormalige lid van die kongres en die Withuis se stafhoof is deur Barack Obama gekies om die nuwe hoof van die CIA te wees. Die keuse, wat Maandag bekend gemaak is, het onmiddellik divisie in die party ontbloot nadat twee senior mense gevra het hoekom Obama 'n kandidaat nomineer wat baie beperkte ervaring het van intelligensie aangeleenthede.
Israel het Dinsdag vir die vierde dag voortgegaan met sy grondoffensief in die Gaza strook, ten spyte van nuwe internasionale oproepe vir 'n skietstilstand in 'n konflik waarin meer as 540 Palestyne reeds dood is.
Ten minste 445 karre is aan die brand gesteek oor Nuwejaarsnag in Frankryk. Dit is 'n styging van 20% teenoor verlede jaar, maar daar was relatief min botsings met die polisie, het die ministerie van binnelandse sake en polisie Dinsdag gesê.
Een van die Kongo se hoof rebelle militêre leiers het laat Maandag ontken dat Laurent Nkunda, die hoof van die Nasionale Kongres vir die Verdediging van die Mense (NKVM) deur 'n ontevrede groep uit sy posisie verwyder is.