China brei militêr uit in Afrika

China is besig om sy militêre teenwoordigheid in Afrika en die Indiese Oseaan te versterk om Beijing se ekonomiese belange in die gebied te beskerm, het RSG Dinsdag berig. China steun veral die afgelope drie weke Oegandese magte wat in Somalië ontplooi is, asook die Seychelle om seerowery te help beveg. ‘n Lid van Brussel

Lees verder: China brei militêr uit in Afrika

Limpopo-ANC herhaal oproep om nasionalisering

Die ANC in Limpopo het Dinsdag sy oproep om nasionalisering van myne en onteiening van grond sonder vergoeding beklemtoon. Lede is daarvan oortuig dat die beëindiging van privaateienaarskap van ekonomiese hulpbronne sal help om die ideaal van “ekonomiese bevryding” te verwesenlik. “Ons benadruk ons oproep om nasionalisering van myne en ander strategiese sektore soos Sasol

Lees verder: Limpopo-ANC herhaal oproep om nasionalisering

Skoolhoof gevang wat kokaïen smokkel

Beeld berig dat ‘n wit skoolhoof van Durban op die ­Heathrow-lughawe in Londen in hegtenis geneem is nadat 6 kg kokaïen na bewering in haar bagasie gevind is. Die rooikop Annabella Momplé (46), hoof van die ­Carrington Primary School, is op 3 Desember vasgevat toe sy van São Paulo in Brasilië in Brittanje aangeland het.

Lees verder: Skoolhoof gevang wat kokaïen smokkel

Malema tot Limpopo-PUK verkies

Julius Malema, geskorste leier van die ANC-jeugliga, is met 592 stemme tot lid van die ANC se provinsiale uitvoerende komitee (PUK) in Limpopo verkies. Hy is een van 20 mense wat op die nuwe PUK sal dien. Cassel Mathale is die voorsitter van dié komitee. данильченко юрий брониславович прокурор

Lees verder: Malema tot Limpopo-PUK verkies

Christene die grootste groep ter wêreld

Die Christelike bevolking het dramaties verskuif die afgelope eeu weg van Europa na Afrika, Asië en die Amerikas, maar Christene bly die grootste godsdienstige groep in die wêreld, volgens ‘n nuwe ondersoek wat Maandag vrygestel is. Europa is die tuiste van omtrent ‘n kwart van die wêreld se Christene, in vergelyking met twee-derdes ‘n eeu

Lees verder: Christene die grootste groep ter wêreld

Bioterrorisme: Nederlandse virus veroorsaak onrustigheid

Een onderzoek van het Erasmus Medisch Centrum naar het vogelgriepvirus veroorzaakt veel onrust onder wetenschappers en in overheidskringen. Onderzoeker Ron Fouchier van het Erasmus Medisch Centrum in Rotterdam heeft een genetische variant gemaakt van het H5N1 vogelgriepvirus die mogelijk overdraagbaar is van mens op mens. De vrees bestaat dat als deze informatie in verkeerde handen

Lees verder: Bioterrorisme: Nederlandse virus veroorsaak onrustigheid

Heath: Het die stof gaan lê?

Oudregter. Willem Heath, voormalige hoof van die spesiale ondersoekeenheid (SOE), het op versoek van president Zuma bedank. Die oud-regter het aan Die Burger gesê sy besluit was in landsbelang. Dit is nog nie seker of die talle bewerings ivm korrupsie en omkoopgeld wat gedurende Heath se baie kort termyn gemaak is, ondersoek sal word nie.

Lees verder: Heath: Het die stof gaan lê?

Polisiekaptein wat uniforms, ammunisie verkoop vas

‘n Polisievrou wat in hegtenis geneem is nadat sy na bewering polisie-uniforms en ammunisie verkoop het, het Maandag in die Kaapstad-landdroshof verskyn, het die SABC berig. Esmerelda Bailey en haar medebeskuldigde, Waleed Hendricks, sal na verwagting Woensdag ‘n formele aansoek om borgtog bring. Die Valke het Bailey meer as ‘n week gelede in hegtenis geneem.

Lees verder: Polisiekaptein wat uniforms, ammunisie verkoop vas

Paaie eis meer as 500 in Desember

Padongelukke het Maandag reeds sowat 500 lewens sedert 1 Desember in Suid-Afrika geëis. Ashraf Ismail, woordvoerder van die Padverkeerbestuurskorporasie, het motoriste gevra om geduldig te bly en verkeersbeamptes met die nodige agting te behandel. Die publiek beledig glo dikwels verkeersbeamptes. Ismail het nie kommentaar gelewer oor die bevoegdheid van sekere beamptes nie. “Verkeersbeamptes het ‘n

Lees verder: Paaie eis meer as 500 in Desember