Die Weermag se Strategiese Wapenaankope-pakket gaan die belastingbetaler R55,086 miljard kos, amper dubbel soveel as die aanvanklike R30 miljard toe kontrakte gesluit is in 1998. In 2000 is die kabinet ingelig dat die wapenpakket volgens, projeksies, R43,828 miljard behoort te kos, maar nou is dit R55,086 miljard. Die rente op die lening alleen beloop tans
Kom in opstand!
Minister Colin Chabane en die NYDA-voorsitter, Andile Lungisa het tydens ‘n mediakonferensie gepleit dat die privaatsektor meer aktief by werkskepping betrokke raak. “Hierdie beroep is lagwekkend en niksseggend. Dit is juis die ANC-jeugliga waarvan Lungisa die adjunkpresident is, se onverantwoordelike uitsprake en ondeurdagte najaag van nasionalisering wat ‘n ongunstige omgewing vir die privaatsektor in Suid-Afrika
Munisipale wet wat diens verbeter, sloer
Die wetsontwerp wat bedoel is om kundigheid in munisipaliteite af te dwing en partypolitieke ampsdraers verbied om in senior munisipale poste te dien, is nog nie onderteken nie. Nuwe raadslede en burgemeesters van watter politieke kleur ookal wat in die pas afgelope verkiesing aangewys is, sal dus steeds beëdig kan word, al beteken dit hulle
SMS het vroue boos
‘n SMS met ‘n skakel na ‘n pornografiese webwerf het verlede Donderdag veroorsaak dat sommige vroue in Port Elizabeth hul mans se lojaliteit bevraagteken, het Dispatch Online berig. Die SMS het die naam van die ontvanger ingesluit en lees: “Hi (Naam), jy het 1 nuwe boodskap van Cindy in Richmond Hill. Kliek hier om jou
Vigsgenesing
Wêreldwyd werk navorsers hard om ‘n kuur vir Vigs te vind. Die hoof van UNAids, die VN se Vigsprogram, Betrand Audoin, het egter pas in ‘n onderhoud met die BBC ‘n ongemaklike stelling gemaak – dat ‘n middel wat Vigs sal genees nog 25 jaar in die verskiet lê. Die prentjie is gelukkig nie heeltemal
Tolhekkostes is glo gekook
Die Vryheidsfront Plus gaan aansoek doen in terme van die Wet op die Bevordering van Toegang tot Inligting om alle dokumentasie van SANRAL/SANPAB te versoek wat sal aandui wat die werklike kostes van die Gautengse snelweg-opgradering sover is en wat die formule is wat gebruik word om die tariewe te bereken. Dit blyk uit ‘n
50 Jaar: SA ‘n ekonomiese reus
Die Republiek van Suid-Afrika het vandag presies vyftig jaar gelede op 31 Mei 1961 tot stand gekom. Suid-Afrika is vandag die ekonomiese reus in Afrika en dit is belangrik om erkenning te gee aan almal wat die afgelope vyftig jaar deur harde werk dit moontlik gemaak het. In die eerste dekade na Republiekwording het Suid-Afrika
Weste help Libiese rebelle
Gewapende westerlinge veg op die voorste linies saam met rebelle naby Misrata. Die beeldmateriaal wat deur al-Jazeera vrygestel is, is die eerste oënskynlike bevestiging dat buitelandse spesiale magte ‘n aktiewe rol in die Libiese konflik speel. ‘n Groep van ses het hulself dadelik uit die voete gemaak toe hulle deur die televisie-span opgemerk is. Die
Britte druk SA in Veiligheidsraad
Suid-Afrika se verteenwoordiger wil glo ‘n resolusie van die Veiligheidsraad om die bloedvergieting in Sirië te stop, kelder sê Britse bronne. Maar die Suid-Afrikaners het dit ontken. Kota Nomfanelo, woordvoerder van Suid-Afrika se permanente missie by die VN, het gesê hulle ondersoek nog die aangeleentheid. ‘n Ontwerp-resolusie, wat die Siriese regering maan tot “uiterste selfbeheersing”
Geloofwaardigheid
Meng jou met die semels dan vreet die varke jou op. Hierdie waarheid geld ook die geloofwaardigheid van politici, en pres. Jacob Zuma is met sy pendeldiplomasie na Tripoli besig om presies hierdie boodskap weer te leer … of is dit nou al andersom? Die Weste is nou te ene male al te veel keer
