Johan Botha
Die Weense Staatsopera het pas begin met ’n grootse poging om Richard Wagner se Der Ring des Nibelungen oor ’n periode van twee jaar op te voer. Die première van Die Walküre het die afgelope naweek plaasgevind. Nog selde was daar soveel spanning en afwagting voor die première van ’n opera opvoering. Franz Welser-Möst was die dirigent en Sven-Eric Bechtolf verantwoordelik vir die regie. Johan Botha, wat die hoofrol van Siegfried gesing het, is Saterdagaand staande toegejuig.
Kanselier Gusenbauer en die Weense elite het almal Saterdag se opvoering bygewoon. Der Ring des Nibelungen is een van die grootste uitdagings wat ’n operahuis kan onderneem. Nina Stemme (Sieglinde), Eva Johansson (Brünnhilde) en Juha Uusitalo (Wotan) het saam met Botha gesing.

Lees verder: Johan Botha, ‘n triomf in Wene