Geweld het tussen twee taxiverenigings uitgebreek Donderdag in Marapong naby Ellisras (Lephalale), het die polisie in Limpopo gesê. Vier mense wat in hegtenis geneem is nadat sewe voertuie, ‘n huis en drie spaza-winkels in Limpopo aan die brand gesteek is, sal vandag in die Lephalale landdroshof verskyn. Die vier is glo deel van ‘n groep
Pastoor moedig lidmate aan om petrol te drink
Van gras eet na petrol sluk. In Maart het past. Lesego Daniel van die Rabboni Centre Ministries in Garankuwa, noord van Pretoria, opslae gemaak toe hy sê sy gemeente moet gras eet. Nou het hy dit verder gevat en gesê hulle moet petrol drink, nadat hy dit kamma in pynappelsap verander het. Past. Lesego Daniel
Zambiese president in NY-hospitaal
Volgens die New Yorkse polisie is president Michael Sata van Zambië Donderdag in ‘n hospitaal in New York opgeneem. Sata het van Lusaka na New York gevlieg om die jaarlikse VN-byeenkoms van die Algemene Vergadering by te woon. Hy het egter nie sy toespraak Woensdag gelewer nie. Volgens polisiehoof Kim Royster is hy Donderdag deur
Akteur Hennie Smit na hoësorgeenheid
Die akteur Hennie Smit is na die hoësorgeenheid van die Wilgers Hospitaal geskuif nadat ‘n gebreekte rib deur sy long gesteek het. Charl Senekal, bemarkingsbestuurder van Lefra Produksies, het Donderdag gesê die skade aan Smit long het ernstige komplikasies tot gevolg gehad. Senekal sê die hospitaal het Smit se toestand as ernstig, maar stabiel beskryf.
Kommuniste van Namibië steun selfbeskikking
Kamerade van Rehoboth, Die Kommunistiese Party van Namibia doen hiermee ‘n beroep op alle Ideogies-Onderdrukte en Sosiaal/ekonomiese-Uitgebuite Etniese Minderheids-groepe in die Land, om die Rehoboth-Basters se Doelgerigte strewe na Selfbeskikking, Onvoorwaardelik en met Oorgawe nie net te ondersteun nie, maar om dit ook op ‘n Daadwerklike, Vreedsame en Demokratiese-patroon slaafs na te volg en Prakties
Basters soek selfbeskikking
Die Rehoboth Baster Gemeente (RBG) is besig om ’n hofgeding by die Internasionale Strafhof (ICC) in te dien om op inheemse eiendomsregte aan te dring, aanspraak te maak op selfbeskikking en om beweerde onteiening van Bastergrond en bates deur die Namibiese regering uit te daag. Volgens die RBG is die internasionale liggaam, die Unrepresented Nations
Waterkrane drup weer
Rand Water is besig met die voortgesette monitering van reservoirs in Gauteng en sê geen waterrantsoenering word tans toegepas nie, het RSG berig. Rand Water het vroeër gesê twee van sy pompstasies in Pretoria het weer water begin pomp. Die Eikenhof- en Palmiet-pompstasies was sedert verlede Maandag buite werking, na bewering weens vandalisme en kabeldiefstal.
Meerderheid in SA wil moedertaalonderrig hê
Meer as twee derdes van Suid-Afrika se inwoners verkies moedertaalonderrig. Dié oorweldigende getuienis teen Engelse onderrig blyk uit ‘n meningspeiling van Ipsos-Markinor wat pas bekend gemaak is. Onderrig in ‘n moedertaal op hoër- en basiese onderwysvlakke verbeter prestasie, het navorsing herhaaldelik bevestig. Dit is veral toepaslik in ‘n meertalige land wat reeds grootliks onderpresteer weens
Poskantoorstaking: Regering moet ingryp
Die kommunikasiewerkersvakbond, die CWU het ‘n beroep op die regering gedoen om in te gryp by die Poskantoorstaking. Die vakbond se adjunkpresident, Clyde Mervin sê die Poskantoor is in ‘n krisis, het RSG berig. Hy het by die vakbond se nasionale kongres in Witrivier in Mpumalanga gesê die afdanking van die senior bestuurslede kan ‘n
IMF dreig Zim oor skuld
Die Internasionale Monetêre Fonds het Zimbabwe dringend versoek om samesprekings met sy krediteure te voer om sy voorslepende skuldagterstand te probeer uitwis. Die IMF is in die land om toe te sien dat die land sy ooreengekome ekonomiese hervormings uitgevoer het wat kan lei tot konsessies vir die terugbetaling van skuld. In 2012 het die
