Na aanleiding van Dan Roodt se stuk, Is die Afrikaner steeds koning? merk ek ook die volgende propagandatruuk in die Naspersstal op oor die dood van die blad Insig. Hulle probeer hierdie week in een van die media nog die laaste bietjie bloed uit hierdie oorlede glanspropagandablad tap. Die trant van die lykskouing was dan dat Insig van kant gemaak is omdat daar te min intelletuele breine onder die Afrikaner is wat werklik ‘n waardering vir artikels van hoogstaande inhoud het.
Die dood van Insig

Sedert 1994 is verbete pogings aangewend om die Afrikaner uit die SA geskiedenis uit te skryf, Afrikaans en die Afrikaneridentiteit te onderdruk en ons stelselmatig na die rand van die openbare lewe te verdryf. Onlangse verwikkelinge toon egter dat dié strategie besig is om te faal. In ’n hoë mate lyk dit asof die besef besig is om te terug te keer dat die Afrikaner die sleutels van Suid-Afrika se toekoms in sy hand hou.